Hoe lyk die toekoms vir werkgeleenthede in die graanbedryf? Gaan werkers oor die nodige kundigheid beskik om in die graan- en oliesadesektor in diens geneem te kan word?
Voedselsekerheid is in nasionale belang en onoordeelkundige, politiekgedrewe beleidsvoorstelle het die potensiaal om dit te ontwrig. Dit kan ’n uiters ongunstige ekonomiese impak op Suid-Afrika hê.
Sonder goeie beleidsvoorstelle en infrastruktuur is volhoubare produksie wat armoede verlig en voedselsekerheid bevorder, onmoontlik. Van die werkloses wat in diens geneem sou kon word met ’n vereiste ekonomiese groeikoers van 5% en meer, is 2% gegradueer, 8% het ander tersiêre kwalifikasies, 38% het matriek, en 51% het nie matriek nie.