Wanneer ’n private maatskappy gestig word, keur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) gewoonlik ’n sekere aantal (bv. 1 000) gewone aandele goed. Dit word in die Memorandum van Inkorporasie (MOI) verwoord. Die eienaar(s) of aandeelhouers van die maatskappy kry aanvanklik 100 gewone aandele.
Die eienaar(s) van die maatskappy betaal ’n bedrag geld per aandeel (pari-waarde of ’n ander waarde) vir die uitgereikte aandele. Ingevolge die nuwe Maatskappywet (Wet 71 van 2008) is pari-waarde nie ’n vereiste nie.
Om in die begin kontant in die onderneming te kry of wanneer uitgebrei moet word, gebeur een of meer van die volgende: