Die skrywe word met gemengde gevoelens begroet. Die datum is in dié stadium ’n teiken en nie ’n streng toepassingsdatum nie.
Die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) maak voorsiening dat die departement beheer kan uitoefen oor die verkoop en uitvoer van sekere landbouprodukte, asook beheer oor die verkoop van sekere ingevoerde produkte.
Ingevolge die wet word vereis dat grane, oliesade en graanprodukte wat in Suid-Afrika verkoop word, geïnspekteer moet word. Leaf Service is dienooreenkomstig die vereistes van die wet as gevolmagtigde aangestel om namens die departement die inspeksies uit te voer.