Die Deense navorsers het koring- en boontjiesaad met drie soorte swamme geïnokuleer voor dit geplant is. Sodoende kon hulle bewys dat twee van die swamspesies as ’t ware die gewasse se “immuunstelsel” ’n hupstoot teen plantluise gee, luidens ’n artikel in die vaktydskrif New Phytologist.
Luidens ’n verklaring deur die instelling is drie swamspesies, Beauveria bassiana, Metarhizium robertsii en Metarhizium brunneum, in die studie gebruik. Dié swamme is bekend daarvoor dat hulle insekte kan besmet en doodmaak deur direkte kontak.
Die swamme kan hulself ook binne die plante as endofiete vestig, en sodoende ’n uitwerking hê op plante se groei en verdediging teen plae.