Besonderse patroonlappe word in ’n plakboek bewaar. Sy het gevoel dat dit ’n jammerte is dat net die paar besoekers aan die skool en die kinders se familie weet watter mooi handwerk die kinders doen — só gevorderd dat hulle hul eie klere kan maak.
Die klas van 10 meisies maak meer as 200 stukke per jaar (ook kussingslope en muurbehangsels). Die seuns doen hout- en rottangwerk.
Die skool het sy ontstaan te danke aan ’n predikant, ds. Jan Kriel, wat ’n seun gehad het wat aan epilepsie gely het.