In sommige beesstreke van Amerika, veral Texas, het boere met dieselfde probleem van bosindringing te kampe as wat in baie dele van Suid-Afrika ondervind word.
Hier vertel Pierre van Rooyen, wat vroeër vanjaar saam met ’n studentevriend vier en ’n half maande lank in Amerika gereis het, hoe die Texas-boere muskietboomindringing op groot skaal die hoof bied.
’n Texas-hoed op die kop van ’n Suidwes- of Noord-Kaapse beesboer lyk vreemd, maar tog het hierdie beeswêrelde een vername saak in gemeen. Bosindringing, wat in ons bekende beesstreke ’n wesenlike gevaar is, het ook in Texas ’n ernstige probleem geword.