Die groep se inkomste het met 1,9% gestyg, maar dié van sy voedseldiens-afdeling het met 34,5% gedaal en dié van die uitvoerafdeling met 8%.
Die inkomste van die klein- en groothandel-afdeling het met 10,7% gestyg.
Libstar sê in ’n handelsverklaring op die JSE se Sens-nuusdiens die voedseldiensafdeling, wat die verkope van bees-, hoender- en ander vleis, asook kaas en tortillas aan kitskosrestaurante insluit, het swaargekry onder vlakke 5 en 4 van die inperking.