AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
8700
94,00
CORN
27 Mrt
-
4490
60,00
SOYA
27 Mrt
-
8148
11,00
SUNS
27 Mrt
-
8645
15,00
WEAT
27 Mrt
-
6560
148,00
WMAZ
27 Mrt
-
4035
69,00
YMAZ
27 Mrt
-
4088
36,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vars produkte met ’n klik gekoop

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die dae is straks getel waar verbruikers vrugte en groente in die supermark gaan uitsoek en laat afweeg, betaal en daarmee uitstap na hul motor.

Met ’n verwagte 23%-toename in die aanlyn verkope van groente en vrugte – élke jaar – is die kans goed dat verbruikers vorentoe nie eens meer die gemak van hul huis gaan verlaat nie, maar bloot met ’n slimfoon gaan seker maak hulle kry hul vyf porsies per dag. 

Rainer Münch, ’n vennoot by Oliver Wyman, wat verantwoordelik was vir ’n neigingsverslag getiteld “Ontwrigting in verspreiding”, meen die internasionale mark vir groente en vrugte sal met sowat 6% per jaar groei, en dus teen 2030 meer as verdubbel (om op bykans €5 triljoen te staan te kom).

Dié groei word grootliks aangedryf deur die stygende wêreldbevolking en ’n groter wordende middelklas, veral in Asië. Mense is ook meer gesondheidsbewus, wat hulle eerder vars as verwerkte produkte laat koop.

Dié meganeigings sal druk plaas op die verskaffingsketting om vinniger, buigsamer, akkurater en deursigtiger te wees, het hy gesê by die Fruitnet World of Fresh Ideas-konferensie, wat net voor Fruit Logistica in Berlyn plaasgevind het.

Dit lei tot ’n evolusie van (verspreidings-)kanale. Hy voorspel die aanlyn verkope van groente en vrugte kan met 23% per jaar groei en teen 2030 sowat 7% van verkope (teenoor 1% tans) uitmaak.

“Dit klink nie baie nie, maar die invloed daarvan gaan baie wyer as net 7% strek,” het Rainer gesê. 

Volgens hom is daar veral drie gebiede waar ontwrigting in die groente- en vrugtebedryf kan plaasvind: logistiek en verspreiding, kleinhandel en voedseldienste. 

“Die baanbreker Amazon.com verander die manier waarop sake gedoen word. Ons noem dit kleinhandel-op-spoed, want die maatskappy is vernuwend en soepel, stel voortdurend nuwe produkte bekend en brei sy reeks uit om miljoene produkte in te sluit. Hy is egter ook klant-sentries en heeltemal toegespits op klante se behoeftes en hul terugvoer.”

Volgens Rainer hou die opkoms van aanlyn verkope gevolge vir ander belanghebbendes – soos boere – in die verspreidingsketting in. “In hierdie nuwe omgewing is dit noodsaaklik om die huidige prosesse te verbeter en op die uitkyk te wees vir strategiese vennootskappe, want dit gaan al hoe belangriker word. Amazon probeer toenemend om die middelman uit te sny en eerder regstreekse vennootskappe te sluit.”

Hy het verwys na Amazon Fresh (’n nuwerige aanlyn winkel in Amerika, Londen, Tokio en Duitsland wat in vars produkte spesialiseer) en gesê as dit ’n ernstige deelnemer in die mark raak, kan boere hulle gereed maak vir meer regstreekse verkrygingsmetodes. 

“Ons sal ’n seleksieproses sien vir voorkeurverskaffers, gegrond op bestendigheid, buigsaamheid en spoed. Dit sal meer geleenthede skep vir boere om hul eie handelsmerke vir groente en vrugte te skep, want met ’n handelaar soos Amazon is daar ruimte daarvoor.”

Verskaffers sal moet kan reageer op verbruikers wat gewoond raak aan ’n aanlyn winkel met ’n enorme verskeidenheid wat boonop die hele tyd beskikbaar is. 

“Of jy nou op ’n trein of met vakansie is, jy kan net klik en bestel met jou selfoon. Klante het voorafverpakte inkopiemandjies en wil weer en weer dieselfde produk koop. Hulle verwag regtig dat dit 24/7 beskikbaar is. Hulle verwag ook al hoe meer dat dit op dieselfde dag by hul huise afgelewer moet word.”

Dit beteken belanghebbendes in die varsproduktebedryf sal meer dinamies moet raak en ook hul aanbodketting beter organiseer. Boonop sal bestendige gehalte ál belangriker raak omdat verbruikers keer op keer dieselfde gehalte vrugte sal verwag (en hulle nie meer op die rak self kan uitsoek nie).

Dit kan ook ’n invloed op verpakking hê, want boere sal hul produkte moet verpak op ’n manier wat die aanlyn wêreld pas (soos lekbestand, masjienleesbaar en higiënies), maar dit sal ook volhoubaar moet wees en die raklewe moet verleng. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.31
-0.8%
Rand - Pond
22.50
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
973.10
+0.5%
Palladium
1,418.30
+1.2%
Goud
1,957.34
-1.1%
Silwer
23.08
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot