AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Vennootskap wys hoe 'n bemagtigingsprojek kan werk

akkreditasie
Mnr. Raymond Koopstad. Foto: Liza Bohlmann
Mnr. Raymond Koopstad. Foto: Liza Bohlmann
Suid-Afrikaners moet na mekaar uitreik en práát sodat die verwydering en vervreemding tussen groepe afgebreek kan word.

Só glo mnr. Raymond Koopstad, mede-eienaar van die suksesvolle vrugteplaas La Vouere in die Ceres-vallei. Hy is ook voorsitter van die Witzenberg PALS-grondhervormingsprojek.

Dis danksy twee jaar se gesprekke en “mekaar leer ken” dat Koopstad en die Wolfaardt-familie van Verdun-landgoedere ’n vennootskap op die been kon bring om La Vouere tot ’n spogplaas uit te bou. Dié projek kan besigtig word tydens die Landbouweekblad PALS-grondsimposium op Ceres op 14 en 15 November.

La Vouere, 3 km buite Ceres in die Warm Bokkeveld, produseer geel- en witvleisnektariens vir die uitvoer- en plaaslike mark. Die eerste 15 ha is in 2017 aangeplant, danksy finansiering van die departement van landbou en Hortgro se Jobs Fund. Daarna het ’n verdere 4,5 ha gou gevolg en vanjaar is nog 17 ha in die grond gesteek. Die plaas verskaf werk aan 22 permanente werknemers en 35 seisoenale arbeiders.

Koopstad kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is dat wit en swart boere met mekaar moet praat nie.

“Ek glo in die toekoms van Suid-Afrika. Ons land, met sy verskeidenheid, het al deur baie krisisse gekom. Ek glo sterk baie in dialoog. Dis een van die dinge wat ons nog altyd gehelp het om mekaar se agtergrond en kultuur beter te verstaan sodat al die diversiteit om ’n tafel saam kan werk vir ’n gemeenskaplike doel. Daar is verwydering en vervreemding tussen groepe wat afgebreek moet word. Ons moet net meer praat,” sê hy.

Lang pad, harde werk

Koopstad sê hulle moes ’n duur les oor 13 jaar leer voordat hy en sy vrou, Mary, die waarde van sterk vennootskappe besef het.

Die Koopstads het in 2003 deur die regering se destydse LRAD-program (program vir die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling) saam met 28 familielede hul plaas bekom. Teen 2016 het hulle besef dit werk nie. Hy en Mary het tot die slotsom gekom hulle sal nie volhoubaar kan boer nie tensy hulle herstruktureer en die boerdery in ’n ander rigting stuur.

“Dit was ’n redelike moeilike tyd weens baie min ondersteuning van staatskant.”

Raymond en Mary het met die hulp van ’n lening die ander lede ná ’n lang proses van onderhandeling uitgekoop. In 2016 het hulle ’n formele ooreenkoms met die Wolfaardts gesluit. Dit was ’n regstreekse gevolg van die Witzenberg PALS-grondhervormingsprojek.

“Ons het besef ons gaan nie alleen die mas opkom as ons suksesvol wil wees in die vrugtebedryf met sy sterk en groot groepe nie.”

Almal bring iets na die tafel

Witzenberg PALS het in 2014 ontstaan en die Wolfaardts en Koopstads het in 2015 begin gesels.

“Ons het omtrent twee jaar lank met hulle gepraat om mekaar beter te leer ken en dinkskrums gehou oor watter model die beste sal wees om die meeste uit die grond te kry.”

Uiteindelik het die Koopstads ’n maatskappy gestig wat die eienaarskap van die grond hou. ’n Bedryfsmaatskappy – Lavouere Stonefruit – bedryf die aktiwiteite op die grond. Die vennootskap tussen die Koopstads en Wolfaardts is 60:40, en die Koopstads besit ook al die waterregte.

“Ons kan ons sukses toeskryf aan ons vennootskap. Verdun het na die tafel gekom met mentorskap, finansiële kundigheid, marktoegang, pakgeriewe en bemarkingsvoordele. Op jou eie gaan jy nie die kritiese volume hê om dit alles te doen of in te koop nie, daarom glo ek in ’n vennootskap. Ons het baie laat tot die besef gekom die kundigheid is reeds daar – jare se ervaring en lesse – ons hoef nie self deur die pyn te gaan nie.”

Hy beklemtoon ook dat vennootskappe tussen die regering en private sektor vrugte kan afwerp – soos bewys deur die Jobs Fund, wat ’n resultaat is van samewerking tussen Hortgro, die ontwikkelingskamer binne Hortgro en die department van landbou.

Goeie advies

Koopstad se raad aan ander boere wat ’n soortgelyke vennootskap oorweeg, is om mekaar eers goed te leer ken.

“Moenie net blindelings daar ingaan nie. Daar moet welwillendheid van albei partye se kant af wees. Ook wedersydse vertroue en gemeenskaplike waardes en beginsels. Ons was bereid om van mekaar te leer. Elkeen moet ook sy deel doen soos die vennootskap vereis. Daar moet toewyding en integriteit van albei partye wees.”

As een van die eerste PALS-projekte in die land is Koopstad ’n groot voorstander van die Witzenberg PALS-inisiatief.

“PALS het ons gehelp met die opstel van ooreenkomste, hy het onderhandelingshulp gebied, ook hand bygesit met die strukturering van aandeelhouding en die opstel van al die regsooreenkomste. Van die eerste dag af het ons geglo in goeie regsooreenkomste.”

Van groentetuin tot plaaseienaar

Koopstad het destyds onderwys aan die Sohnge-kollege op Worcester en later die Universiteit Stellenbosch studeer, maar die vlammetjie vir die landbou het nog altyd in sy hart gebrand. 

“Ek is op Ceres gebore en het hier grootgeword. Van kindsbeen af is ek lief vir tuinmaak. Ek het groente gekweek in ons agterplaas en as jong seun vir die ouer mense in hul groentetuine gewerk. Só is my liefde vir plante gekweek,” vertel hy.

Onlangs is hy bekroon met sagtevrugtebedryf se Nuwe Generasie-merietetoekenning.

“Ek wil nie eintlik daaroor praat nie,” sê hy nederig. “Maar ek voel baie geëerd dat die bedryf ons raakgesien het en besluit het ons verdien die toekenning.”

Hy glo dis net in die woordeboek waar “sukses” voor “werk” kom.

“Ons lewensvisie is om ons bedryf trots te maak. Dis een van die kernbedrywe, veral in die Wes-Kaap en ons kan doen met suksesstories uit swart agtergronde.”

Om te registreer vir die Landbouweekblad PALS-grondsimposium, of meer inligting daaroor te kry, klik op hierdie skakel en kontak gerus vir Jacolette Kloppers by jacolette.kloppers@landbou.com.
Hortgro


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot