Dit bevat ook voordelige grondensieme en koolstof- en planthormoonekstrakte in hul natuurlike vorm, en verseker beter opname van makro- en mikro-elemente deur die wortelstelsels.
Die toediening van Nutri-Soil lei tot ’n toename in alle voordelige grondmikrobes (mikro-organismes), wat weer lei tot beter grondgesondheid en grondvrugbaarheid.
In die proses word die ontwikkeling van skadelike en ongewenste bakterieë onderdruk. Verder word die natuurlike biologiese en metaboliese proses in die grond bevorder en die ontbinding van organiese materiaal (oesreste) bo en onder die grondoppervlakte word versnel.