Ek het gehoor daar is ’n chemiese middel waarmee die blare van muskietboom bespuit kan word om dit dood te maak. Is dit plaaslik beskikbaar? Is daar ander maniere om die boom te bestry?
Enkele glifosaat-bevattende onkruiddoders vir die bekamping van Prosopis glandulosa (muskietboom) is geregistreer, terwyl onkruiddoders met triklopir en triklopir-klopiralied ook geregistreer is.
Almal is vir blaartoediening bedoel. Daar is slegs ’n paar handelsmerke wat wettig gebruik mag word teen muskietboom, en hulle het baie spesifieke menginstruksies. Verkeerde aanwending gaan nie die bome doeltreffend doodmaak nie en sal ook skade aan ander plantegroei aanrig.