Vandat grond die eerste keer aan kopers toewys is, is sodanige toewysings in die aktekantoor in die gebied waar die grond geleë is, opgeteken. Die aktes van toewysing is in die algemeen ’n deed of grant genoem.
Jy kan by die betrokke aktekantoor aanklop deur middel van ’n soektog met die persoon se naam of ’n soektog oor die grond self. Dit kan ’n lang en ingewikkelde proses wees, want eiendomme en veral plase is dikwels verskeie keer verder onderverdeel, maar met volharding kan jy die inligting opspoor.
Inligting kan ook dikwels uit die bronne van ’n plaaslike argief verkry word. Jy sal waarskynlik kontak met die betrokke aktekantore en argiewe moet maak om volledige inligting te bekom.