Die skokgeweer is ’n niedodelike manier om jou tydens ’n aanval te verdedig. Dit lewer ’n kragtige skok wat ’n moontlike aanvaller buite aksie kan stel. Die aanvaller kan eerstens afgeskrik word deur die harde klank wat deur die elektriese stroom veroorsaak word.
In die meeste gevalle is dit genoeg om hom die hasepad te laat kies. Indien die aanvaller egter nog nader kom, kan die toestel gebruik word om die aanvaller met ’n skokstroom buite aksie te stel.
Die toestel is omtrent so groot soos ’n sigaretboksie en kan maklik saam met jou gedra word. Die elektriese stroom word gelewer deur ’n ingeboude, herlaaibare nikkelmetaalhibriedbattery.