AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Bekende JaNee in die mark

Ja-Nee, die Vrystaatse plaas waar Etienne Leroux, een van SA se belangrikste skrywers, grootgeword en ál 11 sy romans geskryf het, is te koop.

JaNee, die plaas naby Koffiefontein waar een van Suid-Afrika se belangrikste skrywers, Etienne Leroux, grootgeword, geboer en ál 11 sy romans geskryf het, is te koop.

Volgens ‘n advertensie in Landbouweekblad van 27 November word dié plaas op Woensdag, 9 Desember, om 11:00 per openbare veiling te koop aangebied.

Die verkoper, mnr. Freddie Schreuder van die Schreuder Boerderytrust, Koffiefontein, het dié bekende plaas in 2000 gekoop, maar besluit om dit nou weer van die hand te sit.

By navraag oor die agtergrond van JaNee, het die eienaar se vrou, mev. Essie Schreuder as volg oor Etienne Leroux en die plaas geskryf:

“Die skrywer Etienne Leroux, onder vriende bekend as Stephen, het ná ‘n kort loopbaan as kandidaatprokureur by die firma Daniels en Smit in Bloemtontein, aan die einde van 1945 teruggekom plaas (JaNee) toe. (Die skrywer het die van Leroux vir sy romans gebruik.)

Kompleks van plase

Die plaas waarop hy hom in 1946 permanent gevestig het, was in werklikheid deel van ‘n kompleks plase waarmee sy oupa Scholtz begin het. Dit is deur sy vader, mnr. S.P. le Roux, eens 'n Minister van Landbou, met die loop van jare uitgebrei, totdat dit uiteindelik oor 17 plase, sowel in die distrik Koffiefontein as dié van Fauresmith en Jacobsdal, gestrek het . Dit was altesaam 17 000 hektaar weiveld, waarvan sommige onder besproeiing was.

Van die belangrikste plase was Wagenmakersdrift ,waarop S.P. en Bessie le Roux gewoon het wanneer die Parlement nie in sitting was nie, met Geluksdam aan die ander kant van die nasionale pad. Met sy vestiging op die plaas het Stephen by sy ouers ingewoon. Van die ander plase was Ruimte, Schuinskop, Nooitgedacht, Vaalpan, Uitkyk, Eureka, Lecuwaarden, Pompie en Good Hope. Laasgenoemde is deur S.P. ter nagedagtenis aan sy ou vriend C.J. Langenhoven, na Herrie herdoop.

Die uitgebreide boerdery is met behulp van verskillende bestuurders vir die verskillende plase bestuur. ‘n Gemengde boerdery is bedryf, waarvan die teel van Merino's, Dorpers en dubbeldoelskape - almal van stoetgehalte en dikwels 9 000 in totaal - die hoofsaak was, maar daarnaas was daar die verbouing van aartappels, koring, lusern, tamaties en later ook katoen.

Op 13 Maart 1948 is Stephen met Renée Malherbe getroud. Aanvanklik het hulle hul intrek by S.P. en Bessie op Wagenmakersdrift geneem, maar kort ná sy aanwysing as minister het hulle die opstal op Geluksdam, vandag bekend as JaNee, betrek. Renée het die huis op JaNee, wat eintlik niks meer as ‘n hartbeeshuisie met misvloere was nie, omskep in ‘n pragtige, artistieke woonhuis.

Witgekalkte spitse

By die hek wat van die grootpad af ingang tot die plaas verleen, het sy twee witgekalkte spitse uit klippe laat messel en die motief vir die ingang na Wagenmakersdrift aan die oorkant herhaal - bakens wat uittroon bo die barre Vrystaatse landskap. Sy het later bekendheid verwerf as Renée le Roux, die skilderes.

Al elf Etienne Leroux se romans is op die plaas JaNee geskryf : "Ek leef hier in werklikheid in ‘n woestyn. Ek sal nie in ‘n stad kan skryf nie. Die indrukke kry ek elders, maar my skryfplek is hier".

Stephen le Roux het tot die dag van sy dood, 30 Desember 1989, op JaNee gebly en gewerk. Hy is op die koppie op Wagenmakersdrift in die familiebegraafplaas begrawe.

Die huidige eienaar, Freddie Schreuder, het die plaas gedurende 2000 uit ‘n vennootskap gekoop en aangegaan met die boerdery,” sluit mev. Schreuder af.

‘Klein Stephen’ boer op buurplaas

Leroux se seun, mnr. Stephen le Roux, boer op die aangrensende plaas, Ruimte. Hy het aan landbou.com gesê hy bedryf ‘n gemengde boerdery, bestaande uit kontantgewasse onder besproeiing uit die Kalkfonteindam en ‘n skaap- en beesvertakking.

Le Roux is bekommerd oor die roofdierprobleem in die kleinveebedryf in Suid-Afrika. Al hoe meer boere gee die stryd teen dié diere prys en skakel oor na beeste of ander vertakkinge toe. “Wat gaan van die kleinveeboerdery in die land word?” vra hy.

Oor die bekendheid - veral in kultuur- en skrywerskringe - van JaNee waar sy beroemde pa geskryf het, sê hy: “Pa se boekery is nou by die Vrystaatse Universiteit. Dit sou seker ‘n goeie ding gewees het as hier ‘n plek op JaNee ingeruim was waar ander skrywers kon vertoef om inspirasie te kry.”

Ja-Nee gaan dus ‘n nuwe eienaar kry. Wie weet, dalk herhaal die geskiedenis hom? Ja? Nee?

Mnr. Jan Hugo van Hugo & Terblanche-Afslaers hanteer die veiling. Tel: 082 555 9084.

26 November 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot