AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

'Belê in Afrika-landbou'

Die beste moontlikhede vir landbou-ontwikkeling oor die lang termyn lê in sub-Sahara Afrika, en die beste tyd om te belê is nou, sê Absa AgriBesigheid.

Die beste moontlikhede vir landbou-ontwikkeling oor die lang termyn lê in sub-Sahara Afrika, en die beste tyd om te belê is nou, sê Absa AgriBesigheid.

Derhalwe beplan die bank om sy sakebelange in Afrikalande uit te brei.


Dr. Hans Balyamujura, hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid in Afrika, het by hul “Afrika Aksie”-ontbyt in Centurion bekend gemaak dat daar reeds fokus op lande soos Zambië, Uganda, Zimbabwe, Kenia en die Seychelles, Mosambiek en Tanzanië is.


Mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid, meen die aanwending van nuwe tegnologie gaan ‘n groot rol speel in die ontwikkeling van die sektor op die vasteland.


Grootste werkverskaffer in Sub-Sahara lande

Volgens Balyamujura is die landbou een van die grootste werkverskaffers in Afrika suid van die Sahara. “In die meeste van dié lande dra die landbou tussen 30% en 60% tot ekonomiese groei by. Van die wêreld se bevolking van sowat 6,8 miljard mense word 1,3 miljard direk deur die landbou beïnvloed, terwyl 2,5 miljard indirek deur die sektor geraak word.”


Meer as 80% van die boere op die vasteland is kleinboere, en Balyamujura meen dit is ‘n groot uitdaging. Hy voorspel dat baie van die boere meer kommersieel gaan boer, maar hy sê dit kan moontlik eers oor 20 jaar plaasvind.


Met betrekking tot plaaslike markte meen Balyamujura groot uitdagings lê voor om dié markte meer vaartbelyn te maak, sodat kleinboere beter pryse vir hul produkte kan kry en sodoende aangemoedig kan word om op ‘n groter skaal te boer.


Uitdagings rakende voedselsekerheid

Balyamujura sê een van die grootste uitdagings vir voedselsekerheid is ‘n gebrek aan inkomste by gewone verbruikers. “In dié stadium is dit nie suksesvol nie, want mense het nie die geld om die produkte te koop nie. Die vermoë is daar om meer te plant, maar die inkomste om produkte te koop en produksie uit te bou, ontbreek. Die waterskaarstes wat tans ondervind word, speel ook ‘n groot rol.”


Wat grond aanbetref, verwag Balyamujura dat die waardestelsels gekoppel aan grond oor die volgende 15 jaar gaan verander, en meer gaan fokus op die bestuur van grond vir produksie eerder as eienaarskap en waarde.


Kyk na ‘n video-onderhoud met Balyamujura deur landbou.com oor die uitwerking van politiek rondom grond op voedselsekerheid en landbou-ontwikkeling. Hy gee ook sy mening oor die nasionalisering van landbougrond.


SA boere na ander lande

Balyamujura sê die moontlike verskuiwing van Suid-Afrikaanse boere na ander Afrikalande waarin hulle belangstel, is nie een van Absa AgriBesigheid se hoofdoelwitte.


“As daar boere is wat dit wel wil doen, sal ons moontlikhede ondersoek om hulle te ondersteun, maar ons wil fokus op die plaaslike boere in die genoemde lande. ‘n Mens kan wel die voordele waarneem wanneer Suid-Afrikaanse boere wel na ander Afrikalande trek en hulle kennis daar deel.”


2 Julie 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.57
-0.5%
Rand - Pond
21.20
-0.7%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
-0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
979.76
+0.6%
Palladium
1,592.32
-2.4%
Goud
1,872.52
+0.1%
Silwer
22.45
+0.4%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,681
-0.5%
Alle aandele
79,791
-0.6%
Hulpbronne 10
74,331
-1.1%
Industriële 25
103,136
-0.3%
Finansiële 15
16,493
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Standvastige, lewenslustige man
Ek is n rustige persoon wat nie van drama hou nie. Ek is lojaal, Sal jou laat lag en kan baie romantics wees. Ek is nie die grapjas of ou wat die meeste by n partytjie praat...
Kom ons gaan visvang en hang uit, geniet die lewe saam
Ek is vriendelike vrou en het 12jarige dogter. Was nog nooit getroud nie, graag wil ek geluk hê, en wil die lewe aanpak met iemand ek elke dag kan spandeer. Geld is niks in die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot