
Suid-Afrika sal hom oor die volgende vyf jaar toespits op die volhoubare verskaffing van energie wat steenkool, sonkrag, wind, kernkrag en aardgas insluit.
Sekuriteit en voorsorg wat ons energiebronne aanbetref , sal ook ons land se posisie as mededingende rolspeler in die wêreld versterk, het Zuma gesê.
Só het pres. Jacob Zuma gesê tydens die bekendstelling van First Automobile Works (FAW) se monteeraanleg by Coega in Port Elizabeth, met 'n Chinese inspuiting van R600 miljoen. “Ons het besluit om voorkeuraandag aan die ekonomie te gee omdat ons glo dat volhoubare ekonomiese groei moontlik is wanneer ons sinvolle vennootskappe plaaslik en in die buiteland sluit. Groei is is ook moontlik wanneer die Regering sy vennote in die private sektor ondersteun in die skep van ‘n positiewe omgewing waar besigheid kan floreer. Ons streef dus na produktiewe vennootskappe vir die volgende vyf jaar.”
Om handel tussen streke op die vasteland te bevorder, is ’n Trans African Highway-program ook ontwikkel om die groot sentra in Afrika met agt hoofroetes te verbind, het Zuma gesê. “Dit sal 'n oplewing in handel tussen streke teweegbring en ook lande wat nie oor hul eie hawens beskik nie, toegang daartoe bied.”
Hierdie belegging bewys net weer Suid-Afrika beskik oor ’n gesogte bedryfsomgewing vir vele maatskappye oor die wêreld heen, het Zuma gesê. “As Brics-lidland is so ’n belegging ’n bewys van die praktiese voordele van hierdie strategiese forum.”
Zuma het óók benadruk dat die Regering voortdurend sal optree teen diegene wat geweld en intimidasie gebruik om hulle doelwitte te bereik.