
Akwakultuur verskaf tans sowat 50% van die wêreld se visvoorraad en belanghebbendes in dié bedryf vergader vanjaar vanaf 9 tot 12 Junie in Bangkok, Thailand, om die toekoms van wêreldwye visboerdery te bespreek.
Die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en-landbou-organisasie bied dié konferensie aan met die samewerking van Thailand se departement van visserye en die netwerk van akwakultuursentrums in Pasifiese Asië (NACA), luidens ’n berig van Thefishsite.com.
Die doel van die beraad is om die huidige stand van akwakultuur wêreldwyd te hersien en ontwikkelingsneigins te bespreek. Die toepassing van die strategie vir die bedryf waarop in 2000 in Bangkok besluit is, sal onder die loep kom. Uitdagings en geleenthede in die toekoms en die uitbreiding van akwakultuur wêreldwyd sal ook bespreek word.
Besoek www.aqua-conference2010.org vir meer inligting.
Bron:
8 Januarie 2010