BKB sê in 'n verklaring dat dié stelsel -- wat aangewend word vir die klas van wol -- nog nie gereed is vir die hantering van produsentelotte nie. Voortydige lewering kan tot verliese lei en sulke wol sal herklas moet word voordat dit bemark kan word.
BKB benadruk dat hy daartoe verbind is om alle bemarkingsopsies te evalueer en sy klante op 'n professionele en verantwoordbare wyse oor die voor- en nadele van die verskillende stelsels sal inlig. Sou dit blyk dat die NZPAC-stelsel die mees ekonomiese wyse is om die verlangde eindresultaat te bereik, sal produsente oor die korrekte verpakkingsmetodes ingelig word nadat die evaluasie afgehandel is.
9 Mei 2003