
Sowat 35 000 besoekers het die eerste vier dae van die Bloemskou in Bloemfontein die sonskynweer en verskeidenheid van bedrywighede geniet.
Bloemskou het die oorspronklike benadering van sy sowat 350 uitstallers in 400 uitstalruimtes met 66 goue toekennings, 84 meriete-sertifikate en 17 trofeë beloon. Volgens me. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die skou, is die gehalte van die uitstallings vanjaar besonder goed en die uitstallers het baie moeite met die uitbeeld van die tema “Bloemen lêka” gedoen. Vanjaar is 34% meer goue toekennings gemaak.
Die skou duur tot Saterdag, 3 Mei.
Byskrif: Van die ontvangers van toekennings vir vernuftige uitstalwerk op die Bloemskou in Bloemfontein was van links mev. Liesbeth Louw en haar man, Christo, albei ere-veldwagters verantwoordelik vir Sanparke se stalletjie (Volksblad-trofee vir die beste binne-uitstalling), me. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die skou, met die trofee vir beeldbou wat haar personeel verower het, me. Subashini Moodley en me. Puleng Mokhoane, onderskeidelik streekskommissaris en skakelhoof van Korrektiewe Dienste in die Vrystaat en Noord-Kaapland. Foto: JOHAN NORVAL