AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Boer sonder hande

Min dinge staan vir dié boer se hande verkeerd - ondanks die feit dat al twee sy arms geamputeer is ná ‘n landmynontploffing in die destydse Bosoorlog.

Min dinge staan vir dié boer se hande verkeerd - ondanks die feit dat al twee sy arms geamputeer is ná ‘n landmynontploffing in die destydse Bosoorlog.


Iewers in ‘n mens se geheue staan die name van mense na wie jy opsien, in hoofletters geskryf. Een van die name wat vir my uitstaan, is dié van Duncan Mattushek, wat in 1979 ‘n diploma aan die Landboukollege Cedara verwerf het.


Wat anders aan dié student was, was dat Duncan twéé meganiese arms gehad het - die gevolg van ‘n landmynontploffing in Angola toe hy nasionale diensplig in 1975 verrig het.


Duncan het sy landboudiploma met ‘n onderskeiding in plaasbeplanning verwerf, ‘n uitsonderlike prestasie gegewe die taai uitdagings wat dié jong student moes oorkom. As ‘n landbouverslaggewer by Die Volksblad in Bloemfontein moes ek hom destyds opspoor en ‘n berig oor hom skryf. In ‘n telefoon-oproep met die kollegehoof op Cedara was dit duidelik dat dié student ‘n ystere wil gehad het om te presteer, ondanks sy “gestremdheid”.

Wil graag met beeste boer

In ‘n daaropvolgende gesprek het Duncan per telefoon vertel hy wil graag met beeste boer nadat hy afgestudeer het. Nodeloos om te vertel dat dié jong man se moed en deursettingsvermoë my verstom het - ook sy keuse om met beeste te boer.


Oor die afgelope jare het ek telkens gewonder waar Duncan is en of hy ooit sy passie, boerdery, kon beoefen. Sedert ons gesprek in 1979 het hy as ‘t ware “verdwyn” totdat ek hom in Februarie deur middel van Facebook opgespoor en via die internet met hom kontak kon maak. En ja, Duncan boer: Met beeste in Nieu-Seeland!

Foto hierbo: Duncan en sy skaaphond Tip, op die pragtige plaas in Nieu-Seeland.

Hy is die afgelope 18 jaar die bestuurder van ‘n plaas in die Waikato-omgewing wat suiwelverse vir melkboere grootmaak. Hy en sy vrou, Irene, is 30 jaar gelukkig getroud en die egpaar het twee kinders. Hul seun boer ook in Kiwi-land en hul dogter is ‘n kleuterskool-onderwyseres daar.

Duncan het in Stanger in KwaZulu-Natal grootgeword en hy vertel dat hy altyd ‘n belangstelling in boerdery en veral veeboerdery gehad het.

Hy het al twee arms verloor

Ná matriek aan die Hoërskool Stanger het hy vir diensplig by 4 Veldregiment op Potchefstroom aangemeld en hy was een van die derduisende jong soldate wat grens toe gestuur is. Op ‘n dag is sy omstandighede onherroeplik verander toe die voertuig waarin hy was, ‘n landmyn in Angola afgetrap het. Weens die ernstige brandwonde wat hy in die ontploffing opgedoen het, is al twee sy arms geamputeer. Daarna was hy nege maande in die hospitaal vir vel-oorplantings en rehabilitasie.

Hy wou graag studeer maar voordat hy by Cedara vir ‘n landboudiploma kon inskryf, is vereis dat hy, soos elke ander voornemende student, ‘n jaar lank boerdery-ondervinding moes opdoen. Dit het hy gedoen deur by die akkerbou-afdeling van die Natal Sugar Estates Company te werk. Hy is daarna deur Cedara aanvaar. “Cedara het in daardie jare ‘n uitstekende aansien gehad en, anders as van die ander instansies, het dié kollege die moed gehad om my met my vlak van gestremdheid te aanvaar,” skryf hy.

Waar was Duncan al dié tyd: Via e-pos het hy vertel dat hy ná Cedara ‘n plaas in die destydse Wes-Transvaal (nou Noordwes) bestuur het. In daardie tyd is hy en Irene getroud. Hulle is ná vyf jaar na Kokstad, waar Duncan by die Landbounavorsingstasie gewerk het. Die egpaar het toe besluit om “af te neem” om te reis. In hul reise het hulle in Nieu-Seeland beland en besluit om aan te bly.

Boerdery in Nieu-Seeland

Oor sy boerdery in Nieu-Seeland skryf Duncan: “Ek en Irene bestuur ‘n boerdery van sowat 850 droë suiwelverse van verskillende rasse op 174 ha.


“Sommige Nieu-Seelandse melkboere vind dit voordelig om hul suiwelverse van hul eie plase af te weg te stuur sodat hulle meer koeie kan melk. Dis waarvoor ‘n plaas, soos ons s’n, uiters geskik is.”


Dié melkboere betaal óf ‘n vaste tarief per week vir elke vers, óf hulle betaal ‘n tarief vir die lewende massatoename vir die tydperk wat die verse op die plaas vertoef.


Duncan-hulle ontvang verse wanneer dié nege tot 10 maande oud is. Die verse word op 15 Mei na die plaas gebring en dié verse word volgens soort in nege verskillende groepe ingedeel. Dié troppe maak die bestuur makliker, aangesien Duncan en Irene self al die werk op die plaas verrig. Hulle het geen ander werkernemers in diens nie.


Die hele plaas is onder raaigras/klawer-weidings. Weidingsbestuur is dehalwe ‘n baie belangrike taak op die plaas en in die lente sny en baal ‘n kontrakteur kuilvoer. Die kuilvoer is vir die vier tot vyf wintermaande. Grondtoetse word elke tweede jaar gedoen en kunsmis word volgens die aanbevelings toegedien.


Genoeg voer vir die verse

In die winter word die verse met elektriese draad afgekamp en hulle ook kuilvoer. “Ons doen dit om ons weidings te bewaar in dié tydperk wat dit nie groei nie.” Diesnieteenstaande kry die verse daagliks genoeg kos.”


Die verse word elke tweede dag na ‘n nuwe afgekampte gebied geskuif, waar hulle ook toegang tot kuilvoer het. Die doel is dat die verse die vereiste paringsmassa behaal op die tydstip wat hulle gereed is om bul te vat, wat onder Duncan-hulle se toesig geskied. Alle verse kry wurmbehandeling voordat die bulle by kom.


Dektyd begin in September en uitgesoekte bulle (wat die eienaars van die verse moet verskaf) loop saam met die verse tot einde Desember of vroeg in Januarie. Duncan sê sommige eienaars verkies jaaroud-Jerseybulletjies omdat hul ligter en stiller is en nie die verse beseer nie, maar sommige eienaars verkies twee jaar oue bulletjies omdat hulle aangaan met die werk. Die eienaars is self verantwoordelik vir die bulletjies wat hul by hul eie verse sit. Dragtigheidstoetse op al die verse volg later.


Bulle word vir TB getoets

Duncan verkies om nie KI toe te pas nie omdat dit bestuursprobleme kan veroorsaak weens die groot aantal verse wat hul bestuur. As eienaars egter op KI aandring, word dit gedoen. Die bulle word vir TB getoets en het normaalweg vrugbaarheidstoetse ondergaan. Die bulle moet ook teen wurms behandel wees voordat hulle op die plaas aankom, sowel as die normale ander vereiste intentings.


Die verse bly op die plaas aan tot 15 Mei, met die volgende inname. Die gesondheid van die verse is deurentyd ‘n belangrike faktor waarna die Mattusheks deeglik omsien.


Duncan het ook ‘n nasionale diploma in natuurbewaring asook sertifikate in veeboerdery en suikerrietverbouing verwerf. Sy stokperdjies is die Oosterse gevegskuns (hy is ‘n 1ste Dan) maar moes dié belangstelling prysgee weens ander belangstellings. Hy bestudeer ook die genealogie, reis en lees, maar die belangrikste vir hom is om tyd saam met sy gesin deur te bring.

Hoe werk mens met hake vir hande?

Aan Duncan Mattushek se twee meganiese arms is hake vir hande. Hy verkies dié hake as hande omdat dit prakties is en dat dit maklik is om take daarmee op die plaas te verrig. Hy kan sy hande oop en toemaak deur sy rugspiere in te span.

“Ek moet gereeld oefening doen om my skouer- en rugspiere spiere soepel te hou. Ek swem so gereeld as moontlik en oefen met klein gewigte.”


Die gereelde oefeninge wat hy doen laat hom toe om selfs klein, fyn objekte, soos sigaret-as, op te tel sonder om dit te breek. (Hy rook egter nie!) Die gereelde oefeninge laat hom toe om die spierspanning op sy hande op die korrekte wyse te kontroleer sodat hy klein objekte kan optel sonder om dit stukkend te druk.


‘n Vierwiel-motorfiets op die plaas is só aangepas dat Duncan dit maklik kan bestuur. Die versneller is op die voetbord geplaas en daar is twee vleklose staalringe aan die handvatsels sodat hy met sy hande daaraan kan vashou om te bestuur. ‘n Stuurtol is op die trekker se stuurwiel gemonteer sodat Duncan met die trekker kan werk.


‘Tik met twee vingers’

Hy’s rekenaarvaardig en tik “met twee vingers”, soos talle ander mense, skerts hy. Hy hou al die boerdery se rekords en verslae op die rekenaar by.

Ander take wat hy op die plaas doen, is sweis, met draad werk, spykers inkap, en basies alle ander take wat mag voorkom. “Ek het ‘n wonderlike vrou wat my bystaan as ek met die plaaswerk vasbrand. Boerdery is deesdae só wetenskaplik en draai nie meer net om fisiese werk nie: Dit verg heelwat beplanning, ons moet begrotings laat klop en goeie bestuur. Dit dra alles by tot welslae in dié bedryf.

“Daar is altyd dinge wat ‘n mens nie sal kan doen nie, maar ek aanvaar dit net en soek iemand om my te help. Geduld is ‘n deugde,” sê hy.


Duncan se vuurdoop met sy meganiese arms was dié jaar voodat hy en Irene getroud is, toe hy alleen gebly het. “Toe moes ek leer om met dié nuwe hande klaar te kom, soos aantrek, skeer, eet, die toilet te gebruik, my eie kos kook, motor bestuur en nota’s afskryf. Ek maak selfs my skoenveters vas.”

Duncan kry nog altyd daardie “spookpyne” wat mense kry nadat hulle ledemate verloor het. Hy het nooit enige medikasie daaroor geneem nie, en dié pyne is vandag nog met hom – sommige dae is dit erger as ander.


“Die lewe gaan aan,” skryf dié merkwaardige man, “en ek verheug my daarin,” sê hy.

* 'n Nagedagte: Sal ek ooit die voorreg hê om met dié man blad te kan skud?

4 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.4%
Rand - Pond
21.49
+0.0%
Rand - Euro
18.92
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
993.06
-0.8%
Palladium
1,604.65
-2.0%
Goud
1,910.00
-0.7%
Silwer
23.29
-1.4%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,473
-1.2%
Alle aandele
79,525
-1.0%
Hulpbronne 10
76,042
-2.4%
Industriële 25
102,238
-0.5%
Finansiële 15
16,154
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot