
Die boerdery-omgewing verander weens klimaatrolverandering - temperature styg, plante en parasiete se biologiese grense skuif en reënval is nou gewaarborg as inkonsekwent.
Normaal het verander
Wat jare gelede normaal was wat gemiddelde temperature en reënval aangaan, is nou by vele goeie klimatologiese modelle meer onseker as ooit tevore. Die enigste twee konstantes wat daar is, is verskynsels van rekordtemperature wat die uitwerking van droogtetye verhoog en ongereelde reënval.
Boer in goeie reënvaljare
Dit is makliker om te boer as die reënval gemiddeld en bogemiddeld is. Dit is bitter moeilik om ekonomies te produseer as dit droog is. Vir die doel van hierdie artikel, ignoreer ek produksiefaktore soos arbeid se kostes, saad en diesel, bosluisbeheer, onkruid en kunsmis.
Boer in droogtes
Dit blyk dat droogteboerdery ’n gegewe is in die onmiddellike toekoms en is die berg om te klim en oorwin. Sou mens ’n bekende bestuursmodel voorstel met drie hoofkategorieë, naamlik “hoë reënval”, “gemiddelde reënval” en”lae reënval” moet die klem vir antwoorde vir die onmiddelike verwagte toekoms vir veiligheid in die “lae verwagte reënval”-kategorie geplaas word. Antwoorde moet in die verwysingsraamwerk “Suksesvolle Boerdery tydens Droogtes” gevind word.
Hierdie siening moet nie as ’n tydelike oorlewingstrategie gesien word nie, maar as die nuwe realiteit vir die toekoms. Sou iets positief ten opsigte van goeie reënval gebeur, moet dit as ’n bonus beskou word en gebank word vir oorlewing tydens droogtes.
Droogtestrategieë of droogte-verwysingsraamwerke sou ’n baie naby aan 180 grade ommekeer wees van die huidige bestuurspraktyke, voeding en weidingstrategieë tydens goeie reënvaljare. Hier sal die seleksie van geharde en aangepaste diere ’n belangrike rol speel. Diere moet die vermoë hê om nie-palatale veld, wat gewoonlik plante is wat droogte kan oorleef, om te sit in ruvesel.
Dit is net so belangrik om diere die vermoë te gee om wel geharde veld se plantegroei te kan benut en suksesvol om te sit as voer. Diere moet die vermoëns hê om ver te kan loop, om brakwater te kan benut en in staat gestel word om die hele plaas se veld, selfs die onsmaaklike plantegroei, om te sit in voer of ruvesel.
Die produsent het ’n vyfledige rol te speel
1. Die verskaffing van voldoende drinkwater wat nie net uitskei nie, maar ook minerale en vitamine kan metaboliseer.
2. Die toediening en opneem van die minimum nodige daaglikse hoeveelheid voedingselemente op ’n mikrobasis, soos in lek of voermengsels, met rumenstimulante om veld te wil wei.
3. Droogte het ’n verskeidenheid stresfaktore soos onder meer temperature, tekort aan skaduwee en afstande wat gewei moet word, wat verskeie uitdagings in immuniteit vir diere meebring. Dit het ’n invloed op prestasie en produksie en speel ’n rol speel by siektes.
4. Parasiete soos droogtebosluise soos die bontpoot- en oorbosluise en tampanne, asook interne parasiete soos lewerslak en peervormige maagslak en ander wurmgroepe.
5. Laastes, die produsent moet doelbewus ingryp om die rumen van sy diere te stimuleer. Ingryping beteken om diere se maagmikrobes met byvoeding van minimum hoeveelhede rumenstimulante asook mineraal en spoorelemente instaat te stel om geharde grasse en onsmaaklike plantegroei se tannien, hars en terpene te inhibeer by inname. Inhibering beteken om die proteïen wat in enige benutbare plante beskikbaar opgeneem word, vrygestel te kry en as proteïenbron benut te kan word.
Droogtes bring mee dat enorme hoeveelhede veevoer aangekoop word. Pryse van voer styg weens skaarste en gehalte. Dit maak boere bankrot.
Vele plase staan vol bos, duine en besemgrasse sonder enige benutting daarvan omdat die produsent glo dit is ’n nuttelose en onsmaaklike produk. Vele plase staan vol geharde bloekom- en wattelbome wat as voedsel omgeskakel kan word. So ook die nuwe stingels van geharde droogtebestande sekelbos, swarthaak, geelhaak en ander bos wat die snoei-stimulasie benodig om hergroei te bevorder nie.
Natuurlik is die proses nie onmiddellik nie. Diere moet geleer word om die bosse te bewei, want dit is nie deel van hul verwysingsraamwerk om daarop te wei nie.