
Promosie-artikel:
Om ‘n boer te wees en om boerdery as ‘n beroep te beoefen is al jare deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Regoor die land word plase van geslag tot geslag oorgedra, so ook die beste metodes om daarvan ‘n sukses te maak.
Tye het egter verander en hoewel sommige van hierdie metodes steeds deel vorm van vandag se boer se daaglikse bedrywighede, is daar nou heelwat ander vaardighede wat kan bydra tot ‘n suksesvolle boerdery.
Op die oog af mag dit dalk nie na die regte pasmaats lyk nie, maar die kundigheid wat hedendaagse boere op ‘n EcoTraining-kursus bekom, het die potensiaal om die boerdery in ‘n nuwe en welvarende rigting te stuur. Die maatskappy, ‘n leier in safarigids- en wildlewe-opleiding, bied verskeie kursusse in hulle kampe in wildernisgebiede in Suider-Afrika aan wat wissel van ‘n week tot ‘n maand en wat met groot vrug deur boere aangewend kan word.
Tradisionele kommersiële veeboere en diegene wat sedertdien oorgeskuif het na die wildbedryf, sal ongetwyfeld baat vind by veral die EcoTracker-kursus (7/14 dae). Tydens dié kursus, wat deur ervare Shangaan spoorsnyers aangebied word, sal spore en al die visuele tekens wat daarmee gepaardgaan, ontleed en geïnterpreteer word. Daar sal ook kans wees om op die spoor te loop en te leer hoe om ‘n dier te volg.
Die vaardighede wat boere op ‘n EcoTracker-kursus bekom, kan op verskeie maniere gebruik word om hul daaglikse bedrywighede te vergemaklik. Wildsboere wat diere in groot kampe aanhou en jag op hul plase aanbied, sal jagters kan bystaan wanneer die diere vroeg oggend in die visier gestel en gevolg word, om die rooibok van die koedoe te onderskei en tekens in die natuur op te let wat hulle op die regte pad sal lei. So kan ‘n kommersiële veeboer met sy nuut aangeleerde EcoTracker-vaardighede ook die pad agter ‘n moedswillige uitbreek bul vat as dié dink die gras is groener aan die anderkant van die draad.
Die EcoQuest-kursus (7/14/21 dae) is ideaal vir die boer wat nie die luukse het om vir ‘n lang tydperk van sy plaas weg te wees nie maar meer as net spoorsny-tegnieke wil bekom. Die identifisering van plante en bome, voëls en diere-gedrag asook navigasie en oriëntering en sterrekunde is nuttige vaardighede wat die kommersiële vee- en wildboer van waarde sal vind. So kan die boer bv. voorsorg tref as hy opmerk dat daar oor ‘n verloop van tyd meer van ‘n sekere soort plant in ‘n spesifieke gebied voorkom – hy sal weet wat die oorsaak is en die gevolglike remediërende maatreëls kan instel. Dieselfde geld vir die gedrag van ‘n spesifieke dier, veral wat die wildboer betref. As hy weet wat skort, kan hy korrektief optree.
Vandag se kommersiële vee- en wildsboere moet daagliks aanpas by hoe hulle hul boerderye bedryf om suksesvol te bly. Dit sluit in om op hoogte te wees met die nuutste tegnologiese ontwikkeling en ook om hande te vat met ‘n maatskappy soos EcoTraining.
Vir meer besonderhede oor EcoTraining se kursusse, besoek www.ecotraining.co.za