
Promosie-artikel:
Daar is ook vasgestel dat braaikuikens ’n vereiste vir strukturele vesel het, maar watter uitwerking het hierdie vesel op maagontwikkeling en behoort braaikuikens toegelaat te word om hul afval te vreet wanneer hulle hul hoogs voedende voer kan vreet?
Die antwoord is ’n onomwonde ja! Vesel uit afval het ’n positiewe uitwerking op sowel die maag as die ingewande. Vir jare is geglo dat vesel ‘n onnodige deel van ’n braaikuiken se dieet is en dat dit ruimte opneem wat vervang kan word met voer wat meer voedingswaarde bevat. ’n Balans moet egter gevind word tussen die hoogs voedende diëte wat die snelgroeiende braaikuiens tot voordeel strek en hul vereiste vir vesel. Die aanvullende rol van afval as ’n strukturele veselbron sorg vir hierdie balans.
Die maag is ’n gespierde orgaan wat verteerbare deeltjies maal tot ’n fyn grootte deur ’n reeks samestrekkings soortgelyk aan die van ’n menger. Hoe groter die deeltjies in die maag, hoe harder moet dit werk om dit af te breek, aangesien deeltjies slegs uit die maag kan beweeg wanneer dit ’n drempelgrootte van 0,5 – 1,5 mm bereik het. Dit verbeter die ontwikkeling van die maagspiere sodat voer doeltreffender verteer kan word. Wanneer voëls nie toegang het tot strukturele vesel soos afval nie, is hulle meer geneig om hul vere uit te pluk in ’n poging om vesel in te kry en sukkel hulle ook met onderontwikkelde verteringsorgane en vergrote proventrikels.
Figuur 1: ’n Goed bespierde maag en gesonde proventrikels met ’n duidelike voorkoms van afval (dennesaagsels) in die inhoud.
Verskillende soorte vesel het verskillende uitwerkings, soos houtskaafsels of hawerdoppe wat die maag met ongeveer 40% kan vergroot, teenoor sojadoppe of papierskaafsels wat nie ’n toename in maaggrootte stimuleer nie. Nie net vergroot vesel kuikens se mae nie, maar ook die volume. Groot deeltjies (bv. skaafsels) wat teenwoordig is in die maag word fyngemaal tot ’n grootte relatief tot klein deeltjies (bv. ’n fyngemaakte dieet). Wanneer hierdie deeltjies na die dunderm beweeg, word ’n groter partikel-oppervlakarea blootgelê vir ensimatiese afbreking, wat lei tot verbeterde absorbering.
In die afwesigheid van vesel, wanneer deeltjies minder fyn gemaal word, kan styselkorreltjies vasgevang word in groter deeltjies en dus onbeskikbaar om te help met vertering. Probleme met vesel word slegs ervaar wanneer afvalopname in die omgewing van 10% van die totale inname is. So ’n hoë veselinname veroorsaak ’n afname in die verteringsdeurgangkoers en verlaag inname, maar onder normale omstandighede, waar braaikuikens gesond is en hul voer inneem, is so ’n hoë inname ongewoon.
Dit is uiters belangrik om braaikuikens van afval te voorsien in pluimveehuise, aangesien afvalinname vele voordele het buiten die welvaartaspekte.