AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
Deel

Clover beplan afleggings

Clover het aangedui dat hy beplan om sowat 90 werkers by sy hoofkantoor in Roodepoort af te lê, maar die vakbond Solidariteit meen dít is “uiters onnodig”.

Clover het aangedui dat hy sowat 90 werkers by sy hoofkantoor in Roodepoort gaan aflê om personeelkoste te verlaag en huidige ongunstige ekonomiese toestande teen te werk. Volgens die suiwelmaatskappy geniet alle koste aandag, maar is “die verlaging van personeelkoste ‘n prioriteit”.


Die vakbond Solidariteit sê dié stap is “uiters onnodig”. Luidens ‘n persverklaring van dié organisasie doen gerugte die rondte dat Clover verdere afleggings beplan. “Daar is sprake dat Clover beoog om uiteindelik tussen 300 en 500 werknemers van die groep se 6 377 werknemers af te lê om moontlik tussen R80 miljoen en R150 miljoen in personeelkoste te bespaar. Die beplande afleggings is egter onnodig, veral as gekyk word na die sukses wat Clover in die geldjaar tot en met Junie vanjaar getoon het,” sê mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder.


Die suiwelfirma het in dié bogenoemde tydperk sy bedryfswins van R297 miljoen tot R750 miljoen verhoog en het sy wins met 329% tot R540 miljoen gestyg.


In April vanjaar het Clover ook sy kaasaanleg by Wesselsbron gesluit en hoewel daar ook 90 werkers deur dié proses geraak sou word, is afleggings verminder deur deelname aan ‘n konsultasieproses. Altesaam 31 van die Wesselsbron-werkers is na die Clover-aanleg in Lichtenburg oorgeplaas, sê Kleynhans.


9 Oktober 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-0.1%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.16
+1.8%
Palladium
1,470.80
+1.5%
Goud
1,981.61
+0.1%
Silwer
23.91
-0.0%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot