AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

'Clover draai staatsgetuie'

Die suiwelreus Clover het vir alle praktiese doeleindes staatsgetuie gedraai deur 'n ooreenkoms met die Mededingingskommissie aan te gaan.

Dit kan Clover vrystel van enige straf vir onmededingende praktyke in die melkbedryf.

Die Mededingingskommissie het verlede maand bevind Clover en 'n rits ander melkkopers, waaronder Parmalat, Nestlé en Woodlands, maak hulle skuldig aan verskeie onmededingende praktyke ingevolge die Wet op Mededinging. Dit het onder meer veroorsaak dat verbruikers meer betaal vir melk as wat hulle moes.

Die saak is nou na die Mededingingstribunaal verwys waar die Mededingingskommissie die maatskappye vir hul onmededingende praktyke sal vervolg.

Mnr. Tembi Nkosi van die kommissie het aan Landbouweekblad gesê die kommissie het 'n beleid in werking wat voorsiening maak vir immuniteit aan 'n maatskappy wat inligting verskaf wat tot die suksesvolle vervolging van die ander maatskappye sal lei wat ook by die oortreding betrek word.

"Dit is 'n voorwaardelike immuniteit. Slegs as die maatskappy vir ons soveel moontlik inligting gee en saamwerk om die ander te vervolg, sal ons die immuniteit toestaan. Dit is eintlik soos 'n beskuldigde wat staatsgetuie word en inligting verskaf om die vervolging suksesvol te doen."

Die betrokke beleid maak voorsiening vir slegs een van die beskuldigde partye om immuniteit te verkry. Clover het die aansoek eerste gerig, sê Nkosi.

Hy sê alle inligting is reeds na die tribunaal. Die volgende stap is elk van die maatskappye sal sy saak in 'n verklaring stel waarna die tribunaal openbare verhore sal hou vir mondelinge getuienis.

Parmalat, waarskynlik die naasgrootste melkkoper, het ná die kommissie se bevindings in 'n persverklaring teruggekap en gesê hy handhaaf die hoogste vlakke van integriteit in sy sakepraktyke. Die kommissie het bevind Parmalat is onder meer skuldig aan die uitruiling van sensitiewe inligting oor die prys waarteen melk gekoop word. Dit stel Parmalat en ander melkkopers in staat om die koopprys vas te stel.

Mnr. Theo Hendrickse, Parmalat se uitvoerende hoof, sê die hulp van 'n onafhanklike ekonoom is verkry wat getoon het die kooppratyk is gepas vir die ekonomiese toestande in die sektor.

Hendrickse sê die praktyke wat Parmalat nastreef is die gevolg van die deregulering van die melkbedryf. "Die verbruiker trek steeds die voordeel uit die mededinging onder al die verskillende verwerkers in die mark."

Mnr. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO), het in reaksie gesê die MPO verwelkom enige optrede wat vir melkboere 'n beter prys vir sy produk beteken. "Die melkprys wat boere ontvang, is die laaste twee jaar onder druk en saam met hoër koste van produksiemiddele is melkboere in 'n oorlewingstryd gewikkel," het hy gesê.

De Jongh sê die Suid-Afrikaanse verbruiker geniet reeds die voordeel van melk teen van die laagste pryse ter wêreld. "Daar moet gesorg word dat optrede teen samewerking nie uiteindelik tot nadeel van die verbruiker en die produsent sal wees nie."

Landbouweekblad, 5 Januarie 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
963.03
-0.5%
Palladium
1,420.35
+1.0%
Goud
1,973.05
+0.8%
Silwer
23.34
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot