
Promosie-artikel:
Die Big Mac-indeks (BMI) was in 1986 begin deur die publikasie “The Economist” om die vlakke van verskillende geldeenhede met mekaar te kan vergelyk. Dit word beskou as ’n “prettige” manier om die vergelyking te doen.
The konsep van “purchasing power parity (PPP)” word gebruik om die indeks te bereken. PPP se uitgaanspunt is die veronderstelling dat ’n mandjie van goedere in twee verskillende lande dieselfde behoort te kos. ’n Perfek-verhandelbare item behoort tussen verskillende lande verhandel te kan word as daar ’n groot verskil in prys is. ’n Big Mac-hamburger word as redelik verhandelbaar beskou omdat verbruikers regoor die wêreld bekend is met die item.
Die onderstaande illustrasie wys die rand is 50% onderwaardeer teenoor die dollar, gebaseer op die BMI, en behoort dus nader aan R 7.50 te verhandel. Die gevolgtrekking is dan ook in lyn met die waardasie van die “Organization for Economic Co-operation and Development OECD” se Prysvlak-indeks.
Ongelukkig is daar ’n paar faktore wat nie deur die BMI in ag geneem word nie. Die volgende is ’n kort lys van sulke faktore:
• Politieke risiko
• Groei in bruto binnelands produk (BBP)
• Arbeidsrisiko
• Kommoditeitsiklus (veral relevant vir Suid-Afrika)
• Inflasie
• Korrupsie in private en openbare instansies, asook vele ander faktore.
Een manier om na die bostaande faktore te kyk is in die vorm van staatskuld.
Die onderstaande grafiek illustreer dat die skuld van vyfjaar-staatseffekte van Suid-Afrika teen 8% per jaar gefinansier word.
In die geval van die VSA is die koste van finansiering op vyfjaar-staatskuld minder as 0.5% per jaar.
Die koste van staatskuld is dus aansienlik hoër in Suid-Afrika as in die VSA.
’n Ander manier om te kyk na Suid-Afrika se landsrisiko is ’n sogenaamde “credit default swap (CDS)” wat wys hoeveel dit kos om skuld teen verstek (“default”) te verseker. Tans beloop die koste 2.5% per jaar om vyfjaar-staatskuld te verseker.
Dit vergelyk as volg met ander ontluikende lande:
• Brasilië – 3%
• China – 1.05%
• Egipte – 3.6%
• Indië – 3.6%
• Rusland – 2.25%
Suid-Afrika is dus nie uitspattig vergeleke met die ander lande nie.
Is die rand dan onder- of oorwaardeer? Die kort antwoord is dat niemand regtig seker is nie, daarom kyk ons, net soos met aandele, na wat die markte vir ons sê.
Een mark wat kan insig bied is dié van Apple se iPad. Alhoewel laasgenoemde in ’n paar fabrieke wêreldwyd gemaak word, en nie in Suid-Afrika nie, is dit tog interessant om daarna te kyk. Volgens die iPad-indeks is die internasionale koste van ’n iPad as volg:
’n iPad kos $559.38 in Suid-Afrika en $546.91 in Kalifornië, VSA. Volgens hierdie vergelyking is die rand min of meer korrek gewaardeer teenoor die dollar.
Laastens, die waarde van die rand word grootendeels beïnvloed deur faktore in Suid-Afrika. Dit is dan deels hoekom die rand verswak wanneer daar sprake is van politieke onstabiliteit: Die finansieringskoste/verdiskonteringskoste van staatskuld neem toe as gevolg van waargenome politieke risiko. Dit was onlangs gesien met die Gordhan vs Hawks-situasie toe die rand oor ’n paar dae verswak het van R13.30 na R14.60 teen die dollar.
Die les is weereens dat niemand seker is oor die kort en medium termyn-beweging van die rand nie. Die rand behoort oor die lang termyn te verswak as gevolg van die feit dat Suid-Afrika se inlasiekoers hoër is as die van die VSA. Dit maak dus sin om permanent ‘n deel, byvoorbeeld ‘n derde, van ‘n mens se portefeulje te verskans teen ‘n swakker rand deur middle van ‘n Yield-X (JSE)-rekening by BVG.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB (FSP # 39 889), en ’n lid van die JSE. Sy kontak besonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net Lesers is welkom om hom hier te kontak om in te skryf vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk in assosiasie met Momentum SP Reid-aandeelmakelaars.