AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Die rand en risiko in boerdery

Risiko is eintlik niks anders as onsekerheid nie. As die uitkoms van ‘n aksie seker is, is daar nie risiko by betrokke nie.

Die risiko by boerderye is omvangryk. Die mees voor die hand liggende risiko in boerdery is sekerlik klimaat. Of dit reën of ryp is, klimaatsomstandighede was van die begin af die onsekerheid waaroor die hardste gewonder en gehoop is.

Boerderypraktyke is grootliks daarop ingestel om risiko te verminder. Dit kan wissel van ‘n relatiewe klein verandering, soos om ‘n trekkerfabrikaat met ‘n verwagte kleiner onklaar-risiko te kies, tot om van droëland na besproeiingsboerdery oor te skakel. Hierdie veranderings/verskille is alles om die onsekerheid van ‘n uitkoms en sodoende risiko te verminder.

Prys is verdere onsekerheid

'n Verdere onsekerheid waarmee boerderye in Suid-Afrika te doen het, is pryse. Die pryse van produksiemiddele, sowel as produkpryse, kan die winsgewendheid van ‘n boerdery maak of breek. Suid-Afrika het, anders as byvoorbeeld Amerika, ‘n oop ekonomie. Masjinerie, grondstowwe vir kunsmis, en so aan word grootliks ingevoer en betaling daarvoor kan nie in rand gedoen word nie.

Net so is die prys van wol, melk en mielies, om net ‘n paar bedrywe te noem, afhanklik van die internasionale prys daarvan, wat nie in rand bepaal word nie.

Die stand van die Rand teenoor ander geldeenhede, veral die Amerikaanse dollar, is een van die faktore wat bepaal hoe duur of goedkoop die stroper is wat ingevoer word en of die melkprys moet daal, want kaas en botter kan goedkoper ingevoer word. Die verloop van die rand teenoor die dollar (R/$) kan in die grafiek hieronder gesien word.

Hoewel die langtermyn-tendens op ‘n swakker neiging dui, kan dit op die korttermyn ook baie versterk. Die toekomstige verloop (of uitkoms) van die wisselkoers is dus baie onseker, wat die risiko van boerderye verhoog.

Die onlangse neiging van die wisselkoers kan as voorbeeld gebruik word om die effek wat dit het, te kwantifiseer. In minder as vier maande (Januarie tot April 2016) het die wisselkoers van R16,78 tot R14,19 gewissel, ‘n verskil van R2,59. Dit sou die mielieprys met R500 per ton laat daal het (alle ander faktore konstant).

Produsente het in die verlede al probeer om die uitwerking van die langtermyn-verswakking van die rand te neutraliseer deur kunsmis vooruit te koop. Volgens Graan SA se prysindeks vir kunsmis het die indeks van 2008/’09 tot 2009/’10 met ‘n derde gedaal (nadat dit die vorige jaar met 80% gestyg het).

Skakel risiko uit

Die besluit om vooruit kunsmis in 2007/’08 te koop, het ‘n goeie uitkoms gehad, maar dieselfde besluit ‘n jaar later sou ‘n baie nadelige uitkoms gehad het. Dit word ál hoe meer noodsaaklik vir boerderye om die risiko van wisselkoersveranderinge sover as moontlik uit te skakel.

Versekeringsmaatskappye het oor tyd verskeie produkte ontwikkel wat die uitwerking van ‘n onseker uitkoms verminder, soos haelversekering. Ander instansies, soos Safex, het maniere om uitkoms van toekomstige pryse meer seker te maak (verskansing).

Daar is ook produkte wat die risiko van wisselkoersbewegings aanspreek. Hierdie produkte sal in meer detail in ‘n opvolgartikel bespreek word.

* Johann Strauss is 'n navorser by BVG Commodities

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot