AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Diep kommer oor min veeartse

Groot kommer bestaan oor die tekort aan veeartse en die beheer van veesiektes onder die land se veestapel, sê die SA Veterinêre Vereniging.

Groot kommer bestaan oor die tekort aan veeartse en die beheer van veesiektes onder die land se veestapel, sê die SA Veterinêre Vereniging (SAVV).

Dr. Riaan du Preez, voorsitter, sê gebrekkige beheer van veesiektes kan groot verliese veroorsaak, en hy skryf dit onder meer toe aan ‘n tekort aan veeartse in landelike gebiede.

Du Preez het gereageer op ‘n vraag van mnr. Johannes Meintjes, een van Landbou.com se lesers. Meintjes se vraag is: ”Wie kyk indringend, uitvoerend of koördinerend na die probleem van ‘ntekort aan veeartse in Suid-Afrika?”


Twee ander redes wat Du Preez aanvoer is: Swak uitvoering van verpligtinge deur regulatoriese owerhede, wat onder meer gelei het tot gebrekkige grensheinings in KwaZulu-Natal en probleme met die gebrekkige rapportering van bv. brusellose in die Vrystaat. Die tweede rede is dat nie-veeartse in beheer staan van siektebeheer in bv. KwaZulu-Natal se staatsveeartsenydiens.

Vroue-veeartse in die bedryf

Nog ‘n kwessie wat Meintjes aanraak is “dat vroue nie in die meer robuuste situasies uitblink nie. Boere is ook soms (om praktiese redes) nie tevrede met vroue-veeartse nie.”

Du Preez sê die toelatingsprogram by die Fakulteit Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria is vir die SAVV ‘n kwessie, in die sin dat té veel vroue gekeur word. “Baie min vroue eindig uiteindelik in landelike praktyke vir produksiediere en die SAVV meen dat meer kandidate wat daadwerklik sal terugkeer na die platteland en daar volhoubaar sal praktiseer, gekeur moet word.”

Hy sê die aard van opleiding by Onderstepoort bevorder kleindier-georiënteerde gegradueerdes, maar daar word beslis daaraan gewerk om die situasie te verbeter.


“Ek wil dit graag op rekord plaas dat daar tans tog baie vroue-veeartse is wat baie suksesvol praktiseer op die platteland in produksiedier- of perdepraktyke! Die probleem bly egter dat weens die oorweldigende keuring van vroue (waarvan die meeste stedelik wil praktiseer), die totale hoeveelheid kandidate wat uiteindelik na landelike produksiedier- of na perdepraktyke toe gaan, maar baie min is. Verder is daar dan ook noodwendig die probleem dat baie vroue-veeartse hul praktisering tydelik of selfs 'n paar jaar staak wanneer hul kinders kry en gesinne grootmaak”, verduidelik Du Preez.

Oplossings vir die knelpunte

Van die moontlike oplossings wat die SAVV tans implementeer om dié probleme te probeer uitsorteer, is gereelde kommunikasie met die fakulteit, die voedselveiligheid- en sekerheidskomitee, die Dieregesondheidsforum sowel as die staat. Gesprekke met die fakulteit fokus spesifiek op die opleiding van veeartse asook om die aantal studente wat toegelaat word, te verhoog.

Verder is die vereniging positief oor die beplande verpligte gemeenskapsdiensjaar vir pas gekwalifiseerde veeartse. Hulle meen dit kan die tekort aan veeartse in die platteland aanspreek, en baie van die SAVV se lede wil in ooreenkomste met die staat betrokke raak deur hulle praktyke vir die program beskikbaar te stel en as mentors op te tree.

Staat wil meer veeartse oplei

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê een van sy pogings om veeartsgetalle te laat toeneem is die DAFF-beursskema (2004 – 2012) wat beurse aan 76 welverdiende studente toestaan om hul as veeartse te bekwaam. Altesaam 26 studente het dié jaar beurse ontvang, waarvan 10 nuwe studente is. ‘n Totaal van 30 studente het reeds hul studies met behulp van die skema voltooi.


Mnr. Selby Bokaba, woordvoerder vir die departement, sê die veeartsstrategie is in die proses om voltooi te word, waarna dit vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees.

“Die departement het nog nie enige navorsing gedoen oor hoekom min vroulike veeartse in landelike gebiede werk nie. Maar dit is belangrik om dit duidelik te maak dat vroulike veeartse nét so begaafd is soos hulle manlike eweknieë,” sê Bokaba.

15 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-1.2%
Rand - Pond
21.44
-1.3%
Rand - Euro
19.03
-1.0%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
972.00
-1.5%
Palladium
1,643.39
-0.6%
Goud
1,874.34
+0.0%
Silwer
22.27
+0.4%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,968
+0.7%
Alle aandele
79,976
+0.6%
Hulpbronne 10
74,722
+0.2%
Industriële 25
103,851
+1.2%
Finansiële 15
16,339
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot