AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Alle entstowwe wat benodig word, ís beskikbaar, sê OBP

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Ter illustrasie. Foto: Liza Bohlmann
Ten spyte van probleme met produksie by Onderstepoort Biologiese Produkte, is die nodige entstowwe steeds by verskeie kleinhandelaars en veeartse beskikbaar.

Alle entstowwe wat tans benodig word, is by verskeie kleinhandelaars veeartse beskikbaar, sê me. Rene Kenosi, voorsitter van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), in ’n verklaring.

Die verklaring is in reaksie op verskeie navrae en boere en die bedryf se kommer oor OBP se huidige bedryfsvermoë. Daar is onder meer tans groot kommer oor die beskikbaarheid van entstowwe vir slenkdalkoors. Verskeie organisasies en veeartse waarsku boere al maande lank om hul diere betyds teen slenkdalkoors in te ent aangesien die goeie reën die risiko vir ’n uitbreking van die siekte verhoog.

Kenosi sê OBP se direksie erken dat produksiekwessies ontstaan het weens ’n historiese tekort aan instandhouding by die aanleg, asook voortslepende probleme met onder meer ononderbroke krag en arbeidskwessies.

Volgens haar werk die direksie nou saam met die bestuur om die instandhouding, aanvulling en aankoop van toerusting te verseker. OBP is ook tans in gesprek met belanghebbendes om te verseker dat goeie werksverhoudinge gesmee word en die mark se behoeftes beter verstaan word om behoorlike produksieskedules saam te stel en die beskikbaarheid van entstowwe te verseker.

Kenosi het ook uitgebrei oor die afdanking van dr. Baptiste Dungu, voormalige uitvoerende hoof van OBP. Nadat Dungu en me. Lindiwe Mabena, een van sy voormalige bestuurders, in April verlede jaar geskors is, is hulle ondersoek vir onder meer die toelating of bevordering van onregmatig aankoopprosedures, oneerlikheid en wanbestuur.

Die ondersoek het Dungi en Mabena skuldig bevind aan sommige van die klagtes wat teen hulle aanhangig gemaak is. Hulle is op 21 Desember afgedank.

Kenosi sê OBP se direksie en bestuur is die afgelope maande hard aan die werk om te verseker dat struikelblokke uit die weg geruim word. Sy sê hulle is seker dat OBP met die steun van belanghebbendes enige probleme kan bestuur en aan sy mandaat as primêre verskaffer van entstowwe aan die Suid-Afrikaanse mark sal voldoen.

Mnr. James Faber, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, sê kommer oor OBP se vermoë om entstowwe te voorsien, strek egter baie verder as slenkdalkoors. “Dit gaan oor ál die insekoordraagbare siektes, naamlik kopvelsiekte, bloutong, slenkdalkoors en drie-dae stywesiekte, weens die bo-normale reënval. Dit is almal in dieselfde kategorie. Slenkdalkoors is baie gevaarlik, maar die ander is produksiegewys net so gevaarlik as boere nie entstowwe in die hande kry nie.

“Ons sê alle produsente moet inent, maar nou is daar nie ’n produk om dit mee te doen nie. Hoe kan boere enige geloofwaardigheid in die hele proses hê? Ons kan nie iets verkondig waarvoor ons nie kan pa staan nie.”

Hy meen hervorming moet plaasvind dat OBP nie die enigste verskaffer is nie. Volgens hom moet private maatskappye ook verskaffers kan wees van belangrike entstowwe. Dit sal behels dat die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947) moet verander sodat die intellektuele eiendom met private maatskappye uitgeruil moet word.

Hy sê as produsente-organisasie dryf die RPO inentings en probeer die organisasie om na die beste van sy vermoë entstowwe so vinnig moontlik beskikbaar te kry en bekend te stel. Die regering moet egter volgens hom ook hul werk doen.

“Kom ons staan boere by. Kom ons ondersteun ’n bedryf wat ’n baie groot deel van die ekonomie beslaan. Ongeag of jy kommersieel of opkomend is, almal in die veebedryf word geraak. Suid-Afrika se uitvoer sal onmiddellik in die gedrang wees indien van die betrokke siektes uitbreek. Dit raak wol én vleis, en niemand sal kan uitvoer nie. In 2010-’11 het China onmiddellik alle woluitvoer beëindig. Tans voer ons vleis en lewende skape uit. Die skape moet ingeënt wees teen bloutong . Boere kan nie nog ’n markekonomie bou as hulle nie entstof tot hul beskikking het nie. Dit is van nasionale belang dat dit wel beskikbaar moet wees.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.47
+0.1%
Rand - Euro
18.39
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,795.34
-0.4%
Silwer
23.10
+1.5%
Palladium
1,896.01
-2.5%
Platinum
1,018.50
-2.5%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot