In die geval van beeste kan rondewurms in die maagderm bestry word, asook parafilaria, spykerwurms en enkelgasheer-bosluise. By skape kan skaaprondewurms, skaapbrandsiekte, neuswurm, brommeraanvalle en jeukmyte bekamp word.
Iver-ject + AD3E (reg.nr. G3930). Hierdie antiparasitiese middel kan ’n tekort aan vitamiene aanvul. Dit is doeltreffend teen sekere inwendige en uitwendige parasiete by beeste en teen luise, brandsiektemyte, Australiese jeukmyte en alle stadiums van neuswurm by skape.
Iver-ject Metabolic (reg.nr. G3930). Die aktiewe bestanddeel in hierdie middel is ivermektien met aanvullings van vitamien B12, minerale en aminosure. Dit is doeltreffend teen verskeie inwendige en uitwendige parasiete by beeste.