Deurlopende bemarking is een van die grootste suksesfaktore in ’n besigheid. “Goeie klante- en na- verkopediens speel nie net ’n belangrike rol in ons besigheid nie, maar is almal se besigheid,” meen mnr. Arthur de Villiers, ’n huishoudelike naam in beesboerdery, stoetteling en die Bonsmara-bedryf wat sy klanteverhoudinge deur die dekades verfyn het.
“Ons besoek ons klante dikwels om bulle en vroulike diere wat by ons gekoop is, en hul nageslag te sien. Dit is belangrik om deel van hul sukses te wees en maak dit makliker om bulle aan te beveel.
“Só skep ons vertroue in mekaar en hulle voel gemaklik om probleme of hul tevredenheid te opper. “Met sosiale media kan die inligting soms oorweldigend wees, maar ons spits ons toe op doeltreffender bemarking, sonder om ’n oorlas te wees.”