Daar word algemeen aanvaar dat vrugbaarheid laag oorerflik is, en ’n norm van 3% tot 10% word wêreldwyd erken.
“Teen die agtergrond van oorerflikheid, wat die hoeveelheid variasie in ’n eienskap is wat aan gene te wyte is, klink dit egter nie reg dat vrugbaarheid laag oorerflik is nie en ek skop viervoet vas teen dié opvatting,” sê mnr. Gerrit van Zyl, rubriekskrywer van Landbouweekblad.
“Ek sluk ook moeilik daaraan dat 90% van praktiese vrugbaarheid aan bestuur of die omgewing toegeskryf kan word. Omdat die boer vir gewig betaal word, is of was die klem die afgelope 30 tot 40 jaar meer op groei en karkaseienskappe. Eienskappe vir reproduksie by die manlike en vroulike diere is dalk te maklik oorgesien. Vir die kommersiële boer is reproduksie-eienskappe egter vier keer belangriker as karkaseienskappe as na winsgewendheid gekyk word.