Hoe kan geaktiveerde houtskool gebruik word as ’n middel teen vorms van vergiftiging?
Medisinaal geaktiveerde houtskool is fyn, swart poeier wat bestaan uit houtskoolkorreltjies met ’n groot absorberende oppervlak. Onder die mikroskoop lyk dit dus soos ’n swart korreltjie met baie gaatjies in wat veroorsaak dat die totale buite-oppervlak baie groot is. Dit word algemeen gebruik om vergiftiging by mense en diere te behandel.
Daar is ook verskeie ander nywerheidsaanwendings vir geaktiveerde houtskool. In die mynbedryf word super-geaktiveerde houtskool byvoorbeeld gebruik om goud uit ou mynhope te ontgin.