AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bek-en-klouseer en varkpes: Wêreld op sy hoede vir siektes uit Afrika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Lande wat produkte uit Suid-Afrika invoer, kan toenemend aandring op gesondheidswaarborge, want die verspreiding van siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-varkpes na die res van die wêreld skep kommer oor Afrika-siektes.

“Die handel sal met verloop van tyd strenger gesondheidsvereistes aan Suid-Afrika stel. Ons moet daarteen waak en ’n situasie probeer keer waar invoerlande vereistes stel om hul bedrywe te beskerm en waaraan ons sal moet voldoen,” het dr. Gideon Brückner, kundige van die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE), op die konferensie van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in Pretoria gesê.

Brückner, wat ’n genooide spreker was, het gesê byna alle nuwe menslike siektes kom van ’n diere-oorsprong af.

“Dit is bekend dat 60% van die patogene waarvan ons weet, van diere na mense aangesteek kan word, soos griep, voëlgriep en hondsdolheid. Sowat 80% hiervan het meer as een gasheer. Bek-en-klouseer tref nie net bokke en skape nie, maar ook ander diere met gesplete kloue of hoewe. Bykans 75% of meer van die opkomende dieresiektes het die risiko om na mense te versprei.”

Siektes kan vandag vinniger oor die wêreld heen versprei as die gemiddelde inkubasietydperk daarvoor.

“Die OIE se standaarddefinisie is sewe dae, maar in werklikheid kan ’n virus in die inkubasietydperk binne drie dae van China na Suid-Afrika versprei. Die spoed van verspreiding raak ál belangriker wat biosekerheid betref. Daar is nie meer ’n plek ter wêreld wat té afgesonder is vir siekteverspreiding nie.”

‘Duur om te bekamp’

Die direktoraat vir dieregesondheid het op 5 Augustus bevestig daar is tans 110 gevalle van bek-en-klouseer in Suid-Afrika in gebiede wat voorheen vry van dié siekte was. Dit kom in KwaZulu-Natal, Limpopo, die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga voor.

“Ons het tans te doen met ’n ongekende verspreiding soos nog nie voorheen ondervind is nie,” het Brückner gesê, en gewaarsku dat die hele Suid-Afrikaanse bevolking tans hoogs vatbaar is vir tipes O (wat in die noorde van Namibië en Zambië gevind is) en A.

“Dit sal ’n ramp van siekteverspreiding word as dit oor die hele land versprei. Bek-en-klouseer het ’n ernstige handelsimpak op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.

“Dit is hoogs aansteeklik en ’n duur siekte om te bekamp, maar ons moet die geld beskikbaar stel. Dit is ook nie goedkoop vir ’n land soos Suid-Afrika om sy siektevrye status by die OIE te behou nie. ’n Mens moet altyd dink aan die uitgawes en die infrastruktuur verskaf om jou siektevrye status jaloers te beskerm.”

Brückner “raak hartseer” oor die gebrekkige kennis wat betref die noodsaaklikheid van vinnige optrede as ’n siekte, veral bek-en-klouseer, uitbreek.

“Baie produsente en beamptes beskik nie oor die nodige kennis nie, want hulle is nie opgelei nie. Die ander kwessie is die oorgerustheid van beamptes en produsente. Mense raak blasé oor die siektes.”

Volgens hom is daar sommige naïewe mense wat betref bek-en-klouseer (wat nog nie ingeënt het daarteen nie) in die Wes-, Noord-Kaap en Oos-Kaap.

“Die diere is dus baie vatbaar daarvoor. Boere moet seker maak hulle weet waarna om op te let en hoe die siekte lyk. As jy vermoed dit is op jou plaas, moet jy dit dadelik aanmeld. Daar moet biosekerheidsmaatreëls en ’n gebeurlikheidsplan wees.”

Risiko’s

Brückner het gesê dit is ’n biosekerheidsrisiko in Suid-Afrika dat mense, diere en wild so na aan mekaar leef. Hy blameer veral die onwettige en onbeheerde beweging van diere vir siekteverspreiding.

“Met die uitbreking van Afrika-varkpes het ons gesien verstedeliking speel ook ’n rol, want mense neem hul diere, én die risiko van siektes en die verspreiding daarvan, saam as hulle van landelike na stedelike gebiede trek. Die diere word nie rondom die stede beheer nie en word as ’n bron van voedsel gebruik.”

Weens armoede benut mense ook dikwels goedkoop voedselbronne wat nie noodwendig veilig is nie.

Veilings ’n ‘tydbom’

Hy beskryf veilings as ’n “tydbom” vir siekteverspreiding.

“Die diere beweeg na 10, 15 bestemmings wat almal besmet kan word as die siekte nie bekamp word nie. Die normale siklus van verspreiding van bek-en-klouseer in Mpumalanga en Limpopo was van buffels, wat ’n permanente draer van die siekte is, na rooibokke en van daar na beeste. Nou het die prentjie verander, want besmette beeste beweeg onbeheerd van voerkrale en veilings na ander plekke en mense word nie bewus gemaak van die voldoeningsmaatreëls wat betref biosekerheid nie.”

Menslike beweging is ’n ander groot bydraer tot siekteverspreiding.

“Seisoenale feesgeleenthede, soos Paasnaweek, skep hoë risiko’s, want mense neem kos saam met hulle wat dikwels met siektes besmet is. Die mate waartoe seisoenwerkers sekere tye van die jaar oor Suid-Afrika beweeg, skep ook ’n risiko. Toe bek-en-klouseer in 2000 op ’n plaas by Camperdown in KwaZulu-Natal uitgebreek het, het die beweging van mense van ’n besmette plaas na onbesmette plase ’n groot rol in die verspreiding gespeel. Dit het in die huidige uitbreking ook in twee of drie gevalle waarvan ek bewus is, ’n rol gespeel.” 

Hy het boere gemaan om afsonderlike gereedskap in isolasiegedeeltes op hul plase te gebruik. Werkers moet afsonderlike stelle klere dra wanner hulle daar werk, sodat hulle nie die oorsaak van verspreiding word nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.35
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.42
+0.6%
Silwer
23.27
+0.5%
Palladium
1,919.50
+1.0%
Platinum
1,025.00
+0.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot