AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Bekende bul deur weerlig doodgeslaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Picasso, ’n Boran-bul van Hurwitz Farming. Foto: Skermgreep/Facebook
Picasso, ’n Boran-bul van Hurwitz Farming. Foto: Skermgreep/Facebook
Een van Suid-Afrika se bekendste bulle is deur weerlig doodgeslaan.

Picasso, ’n Boran-bul van Hurwitz Farming, was elke week tydens die openingstonele van Landbouweekliks op televisiestelle in Suid-Afrika te sien en het verskeie veilingrekords gehou, waaronder ’n Suid-Afrikaanse rasrekord vir die hoogste prys op ’n veiling vir semen betaal. Picasso het in Maart vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens sy eie rekord verbeter toe die Ntaba Nyoni-stoetery van pres. Cyril Ramaphosa R33 000 per strooitjie vir 12 strooitjies van sy semen betaal het.

“Picasso was waarskynlik die herkenbaarste en bekendste bul in Suid-Afrika. Staatsveeartse, besoekers, kopers, almal wat op die plaas gekom het, wou eers vir Picasso sien voor hulle met die doel van hul besoek voortgegaan het,” sê mnr. Simeon Hurwitz, besturende direkteur van Hurwitz Farming naby Davel in Mpumalanga. Picasso is uit die hoog aangeskrewe bul Rembrandt en die superkoei Segera geteel en het homself vanaf 2016 as die hoeksteen van die hele Hurwitz-Boran-stoetery gevestig.

“Ons het boodskappe van simpatie van reg oor die wêreld ontvang ná Picasso se dood. Vriende, medeboere en kliënte het geskakel, e-posse gestuur en op sosiale media hul simpatie betuig. Hy was regtig ’n uitsonderlike bul en een van ons rocksterre.”

Soos die bekende skilder na wie Picasso genoem is, kan verwag word dat die pryse vir sy nageslag dienooreenkomstig kan styg, maar die teelwaarde van die bul is reeds gedurende sy leeftyd bewys. Só is Picasso se dogter, Kelly, en haar bulkalf op die jaarlikse Hurwitz-produksieveiling in Augustus vanjaar vir R1,1 miljoen verkoop. Nog ’n Picasso-dogter, Tanya, is vir R450 000 verkoop, terwyl die Picasso-seuns, Chagall en Raphael, vir onderskeidelik R1,5 miljoen en R1,4 miljoen verkoop is.

“Picasso se nalatenskap sal voortleef, nie net in ons eie Boran-kudde nie, maar in Boran-kuddes reg oor die vasteland. Hy was enig in sy soort en ons is dankbaar vir die verskil wat hy in ons stoetery gemaak het,” sê Hurwitz.

Klik hier om die video te kyk wat Hurwitz Farming van Picasso gemaak het.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Blank space for now
Ag sommer maar net want ek is awesome en die wereld kort Meer van my! Hahaha haha! Sin vir humor is so belangrik
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot