Dit is volgens ’n internasionale studie wat die ekologiese impak van beweiding gemeet het, en deur meer as honderd wetenskaplikes op 326 droëlandgebiede in 25 lande op ses vastelande onderneem is.
Prof. Peter le Roux van die departement plant- en grondkunde en prof. Thulani Makhalanyane van die departement biochemie, genetika en mikrobiologie, albei verbonde aan die Universiteit van Pretoria, was medewerkers aan dié biowoestyn-projek deur die Europese navorsingsraad.
Le Roux het aan Landbouweekblad gesê dit het nie ten doel om riglyne vir boere op individuele of streekbasis te verskaf nie, maar om die landbousektore van alle lande te wys hoe gevoelig die hulpbronne is waarmee boere te doen het.