Beton hoef nie met pale versterk of beskerm te word nie, en word nie deur wind of diere rondgeskuif wanneer dit leeg is nie. Dit is duursaam en verweer nie mettertyd weens UV-lig nie, iets wat met plastiek en glasvesel gebeur. “Al hoe jy ’n Kinaki-produk kan breek, is as jy met ’n voertuig daarin vasploeg.”
Twee Kinaki-ontwerpe vir melkboerderye is veral gewild: ’n Konsentraat-voerbak (foto bo) vir die melkskuur en ’n kuilvoerbak vir die veld (foto onder).
Die konsentraat-voerbak is ’n betonhouer waaraan ’n voerpyp stewig gekoppel kan word (die gat loop teen ’n 45°-hoek deur die agterste muur, met ’n deursnee van 90 mm).