
Promosie-artikel:
Studies in Australië het bewys dat indien 'n enkele bloubosluiswyfie haar lewensiklus op 'n bees voltooi, dit 'n massaverlies van gemiddeld 450 gram per dier oor 'n jaar beteken, skryf mnr. Pierre van Niekerk van Agricultural Livestock Engineering (Pty) Ltd van Centurion.
Volgens Van Niekerk is die gevare van bloubosluise is nie net te vind in die siekteorganismes (rooiwater, galsiek en spirechaetose) wat dit aan beeste oordra nie. Bowman en Nuttel plaas in “Ticks” verskeie studies waar bewys word dat die speeksel van verskeie bosluisspesies groei-inhibeerders bevat. Groei-inhibeerders onderdruk die gasheer se voerinname en voeromset. Dit keer ook dat die dier die nodige ruvoer en hoeveelheid lek inneem, omdat hy bloot nie ’n behoefte daarna het nie.
Die redelike afleiding sou die volgende kan wees:
* Dat voertekorte by lakterende diere melkproduksie ook sal inkort, asook ’n onvermoë het om gesonde produktiewe melk te produseer.
* Laktasie plaas stremming op die moeder. Sou sy nog ongebalanseerde voerinnames handhaaf sal die laktasie 'n negatiewe effek hê op haar eie immuunstelsel, asook in die ekonomiese groeiwaardes van die kalf.
* Daar kan dan aangeneem word dat die kalf ook aan die dieselfde bosluisgroepe blootgestel sal word en daarmee sy immuniteitsisteem ook onder druk kom deur die melktekorte, en dat hy ook aan die speekseluitdagings van die bosluisspesies blootgestel word, (wat nie noodwendig sleg is nie.)
* 'n Lustelose aptyt veroorsaak mineraaltekorte in die dier wat die die natuurlike vermoë van die dier om die bosluistoksienes te weerstaan. (Seebeck, Springell and O'Kelly, 1971).
* Enige dier, al is dit 'n natuurlike gasheer van die bosluis, wat onder 'n verswakte voedingstoestand en weidingsinnames verkeer, se produksie en oorlewingsvermoëns sal verder deur bosluise verswak word.
* Dit is 'n algemene aanvaarde reël dat verswakte diere 'n hoër bosluisinfestering aanneem en daarmee saam 'n vergrote bloedverlies.
Lees die volledige artikel in die PDF-aanhangsel hieronder.