AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Brucellose: Laksheid op plaasvlak verhoog bedreiging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Brand Republic
Foto: Brand Republic
Laksheid onder vee-eienaars en -handelaars is dikwels daarvoor verantwoordelik dat beesbrucellose versprei word.

Laksheid onder vee-eienaars en -handelaars is dikwels daarvoor verantwoordelik dat beesbrucellose (Brucella abortus) per ongeluk – of soms wetend – in KwaZulu-Natal versprei word.

Dr. Keith Perrett, hoofstaatsveearts in epidemiologie by die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling, het op ’n boerevergadering in die Nottingham Road-boeresaal erken dat beperkte hulpbronne vir dieregesondheidsbestuurstelsels bydra tot die toename in brucellose in KwaZulu-Natal. Die grootste oorsaak is egter handel en vervoer van vleis- en melkbeeste wat nie vooraf getoets is en amptelik as vry van brucellose verklaar is nie.

Hy het beroep op boere gedoen om nie vermeende of bevestigde gevalle van brucellose weg te stuur om iemand anders se probleem te word nie. “Jy sal kwaad wees as jy sulke siek beeste kry. Ons moet saamwerk en na mekaar omsien.”

Mnr. Kevin le Roux, siekteprojekbestuurder van die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling, het gesê beesbrucellose was voorheen hoofsaaklik tot kommunale beeste in die noorde van KwaZulu-Natal beperk. Tot dusver vanjaar is die siekte reeds op sewe plase in die meer suidelike dele van die Middelland bevestig.

“Die probleem neem toe. Ons het ’n taakspan van vyf mense om brucellose in die Middelland aan te pak. Elke plaas word in kwarantyn geplaas, die diere word uitgeskot of begin behandeling kry en word elke twee maande getoets. Boere in die Middelland is bereid om met staats- en private veeartse saam te werk om hierdie probleem aan te pak.”

beesbrucellose
Dieregesondheidskenners wat op die onlangse boere-inligtingsdag oor beesbrucellose gepraat het, was, van links, mnr. Kevin le Roux, siekteprojekbestuurder by die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling; dr. Keith Perrett, hoofstaatsveearts in epidemiologie by die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling; dr. Sewellyn Davey, ’n private konsultant oor beesbrucellose; dr. Andy Lund, ’n veearts by die Howick-veeartsenykliniek se afdeling vir groot diere; en dr. Johan Cloete, tegniese veearts vir herkouers by MSD Dieregesondheid. Foto: Lloyd Phillips

A-simptomaties

Dr. Sewellyn Davey, ’n private konsultant oor beesbrucellose, het boere gewaarsku dat diere wat met hierdie hoogs aansteeklike bakteriese siekte besmet is, dikwels jare lank a-simptomaties is. Gedurende hierdie tydperk versprei die siekte egter. Dit het ’n reeks ongunstige impakte in kuddes en op plaaswinsgewendheid.

Davey het gesê wetgewing vereis dat alle verse tussen vier en agt maande oud teen beesbrucellose ingeënt moet word. Hoewel Onderstepoort Biologiese Produkte se S19-entstof dikwels onbeskikbaar is, is MSD Dieregesondheid se RB-51-entstof geredelik beskikbaar en, met belangrike leiding van ’n staats- of private veearts, kan dit by ouer verse en koeie wat nie aanvanklik ingeënt is nie, gebruik word.

“Daar is kuddes wat gesond en produktief lyk en tog met beesbrucellose besmet is. Altesaam 100 miljoen bakterieë van hierdie siekte word in die omgewing gestort wanneer ’n besmette vers of koei kalf. Hierdie aansteeklike bakterieë kan vir tot agt maande in die omgewing lewend bly. Hulle kan diere én mense besmet.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot