AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Byna 20% van SA se skeersel kom van kommunale wolboere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Kommunale wolboere, meestal in die Oos-Kaap, het die afgelope boekjaar 8 miljoen kg wol geproduseer. Dis amper ’n vyfde van die nasionale skeersel.

Volgehoue ondersteuning van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het daartoe gelei dat wol van kommunale boere nou 17% tot 18% van die nasionale skeersel uitmaak.

Mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die NWKV, het op die organisasie se jaarkongres in Gqeberha gesê hulle kon reeds 1 400 kommunale wolskaapgroepe hoofsaaklik in die Oos-Kaap organiseer. Die groepe verteenwoordig 40 000 individuele kommunale boere en 240 000 gesinslede.

“Hulle boer met 4 miljoen skape en produseer 8 miljoen kg wol. Dis 17% tot 18% van die nasionale skeersel teenoor die 13% wat hul bydrae voorheen was.”

De Beer sê hulle maak vordering. In 1997-’98 is 200 000 kg wol van kommunale boere deur die formele veilingstelsel vir R1,5 miljoen verkoop. “Dit het gegroei tot 5,4 miljoen kg wol met ’n waarde van R267 miljoen. Ongelukkig het China se verbod op Suid-Afrikaanse wol as gevolg van bek-en-klouseer pryse laat daal.”

Knelpunte

Ten spyte van die vordering is daar heelwat knelpunte. Die groot getal boere word deur net ses produksie-adviseurs bedien. Van hulle is vier in diens van die NWKV, terwyl Ethical Trade Norway die salarisse van die ander twee betaal. Die produksie-adviseurs organiseer die boere in wolboerverenigings sodat hulle hul wol gesamentlik kan skeer en bemark, en sodoende toegang kry tot die formele mark.

De Beer het gesê om hul toegang tot die formele mark en beter pryse te verbeter, het die boere ’n groot behoefte aan beter teelmateriaal en skeerinfrastruktuur.

Verbeteringe

Die NWKV het die afgelope boekjaar vyf nuwe wolskure in die kommunale gebiede opgerig met die hulp van Sibanye Stillwater en die First Rand-stigting. Hy het die regering versoek om voort te gaan met die program vir genetiese verbetering omdat beter diere so ’n groot verskil maak aan die gehalte van die skeersel en die pryse wat boere behaal.

Die wolverbeteringsprogram se maatskaplike impak word elke vyf jaar gemeet en ook daar is die vordering besonder goed, sê De Beer. “Ons beoordeel die impak van die program elke vyf jaar. Toe ons begin het, het 47% van deelnemende boere se huishoudelike inkomste van wol en sybokhaar gekom. In 2020 was dit 75%.

“Daar is ook meer selfone en yskaste, en die proporsie van die kinders wat honger gaan slaap, het van 41% in 2004 tot 6% in 2020 gedaal. Huishoudings met spaarrekeninge het van 49% tot 94% toegeneem en die gesinne wat skoolgeld moet leen, het van 77% tot 30% gedaal.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
+1.4%
Rand - Pond
21.33
+0.0%
Rand - Euro
18.30
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,809.06
+0.6%
Silwer
23.36
+0.9%
Palladium
1,916.34
+0.9%
Platinum
1,028.50
+0.8%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot