Hy beskou chiro-behandeling as ’n ekstra hulpmiddel om ’n groot verskil in sy pasiënte se lewe te maak.
Sy passie vir diere het reeds as jong seun van Durbanville geblyk toe dr. Philip Groenewald (44) al wat ’n siek diertjie is, wou versorg en ook sy eie perd gehad het.
Nadat hy by Onderstepoort gestudeer en in 2004 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het, het hy drie jaar lank as assistent-veearts by die Wellington-dierehospitaal gewerk. Van 2008 af het hy nege jaar lank die eenmanpraktyk Vredendal-dierekliniek bedryf.