Die gesamentlike verlies, as die twee gevreesde siektes ensoötiese beesleukose en mastitis bygereken word, kom neer op ’n jaarlikse verlies van R1 miljard.
Laat ’n mens nie meer doekies omdraai nie. Klimaatsverandering het ’n skrikwekkende impak op melkbeeskuddes in Suid-Afrika. Die gemiddelde toename in maksimum temperature oor die tydperk sedert 1933 tot 2020 was 0,9 °C, en die gemiddelde melkproduksieverlies van plaaslike melkkoeie van 1960 tot 2020 was 0,26 kg/koei/dag.
Die gemiddelde temperatuurhumiditeitsindekswaarde (THI-waarde) het van 1960 tot 2020 met een THI-waarde toegeneem. Hierdie toename in THI-waardes vererger die nadelige hittestresimpak op die prestasie van melkbeeste reg oor die land.