Die trop sal sodoende in Januarie, wanneer hulle geskeer word, skoon wees van luise.
“Ons klem vir 2023 sal wees om ons teelmateriaal beter uit te klas, ’n kernkudde te vestig en die topramme te gebruik om vervangingsooie te teel,” sê mnr. Bart van der Vyver, wat saam met sy pa, Jannie, hoofsaaklik met Angora-bokke en Merino-skape boer.
Die boerdery is heeltemal ekstensief, maar hulle het ‘n baie hoë lam- en speenpersentasie danksy doeltreffende roofdierbestuur, wat beteken die Angora-ooie kan in die veld lam.