Ek is al menige kere gestamp, geskop, gebyt, gelek en diep in die mis gerol. Hoe maak ’n mens Brahmane (en ander beeste) skoumak of selfs haltermak?
Ek het al gehoor dat daar boere is wat die Brahman met ’n halter aan ’n donkie vasmaak, dan hardloop die donkie agter die Brahman aan tot op ’n punt waar die donkie se hardkoppigheid inskop en hy gaan stilstaan vir lewe en dood.
Laatmiddag kom die donkie terug huis toe met die Brahman agterna. Maar ek dink ons bulle is ’n bietjie te groot vir net een donkie! Daar is baie maniere om ’n bees mak en gereed vir ’n skou te kry.