AFGRI
BEAN
17 Me
-
9776,8
-170,20
CORN
17 Me
-
5104
-27,00
SOYA
17 Me
-
9038
-184,00
SUNS
17 Me
-
10530
-67,00
WEAT
17 Me
-
8186
-103,00
WMAZ
17 Me
-
4717
-65,00
YMAZ
17 Me
-
4844
-82,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Dieregesondheid ‘is boere se verantwoordelikheid’

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Boere moet verantwoordelikheid vir dieregesondheid aanvaar of die gevolge dra, is die waarskuwing van dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) in sy verslag oor veesiektes wat in Maart aangemeld is.

Hy sê die uitbreking van siektes soos beesbrucellose en Asiatiese rooiwater is meestal toe te skryf aan boere se eie foute. Veeartse wat die uitbreking van brucellose gedurende die maand aangemeld het, is gekontak om te probeer vasstel wat die oorsake is. 

In die eerste geval is 200 beeste uit ’n kudde van 700 positief getoets nadat die beeste voorheen negatief daarvoor getoets is. “Geen nuwe beeste is in die kudde ingebring nie en die vermoede is dat die siekte vanaf ’n buurplaas kon versprei het waar daar nie getoets is nie. Die infeksie kon deur vlieë oorgedra gewees het, maar dit is moeilik om te bewys.”

Malan sê in nog ’n geval is ’n paar plase gekoop en kuddes aangekoop. Toetse vir brucellose het daarna getoon dat baie die siekte het en meer as 100 beeste is reeds geslag.

In nóg ’n geval waar ’n geslote kudde jaarliks negatief vir brucellose toets, is een bul positief getoets tydens vrugbaarheidstoetse. Nadat die hele kudde ook getoets is, was nog 100 positief. Daar was geen aborsies nie en die diere is met RB51 ingeënt.

Malan sê een van die grootste probleme is spekulante wat diere op veilings koop en ook kommunale beeste wat langs paaie wei en in kontak kom met ander beeste langs die heinings.

“Boere koop beeste op veilings sonder dat hulle weet wat die siekte-status is, baie boere het nie voldoende kennis oor die siektes nie, diere wat positief is, word nie met ’n C op die nek gebrandmerk nie, en daar is nie voldoende geld om die siektes doeltreffend te bekam nie”, is verdere redes wat hy noem wat die verspreiding laat toeneem. Daarby is brucellose ’n siekte wat oor ’n gebied voorkom, waar nie alle aangrensende plase daarvoor toets nie en vlieë en rondloperdiere ’n rol speel om dit te versprei.     

Hy dit is noodsaaklik dat die staat en die private sektor onderling moet saamwerk om ’n siekte soos brucellose uit te wis. “As boere net hulle diere daarteen inent, soos die wet van hulle vereis, sal die voorkoms van die siekte dramaties afneem,” sê Malan. 

Klik hier om die tabel te sien wat toon watter siektes en -toestande in Maart by Ruvasa aangemeld is. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.93
+1.4%
Rand - Pond
19.89
+0.1%
Rand - Euro
16.79
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+1.6%
Goud
1,818.43
-0.3%
Silwer
21.68
+0.3%
Palladium
2,067.00
+2.0%
Platinum
954.00
+0.8%
Brent-ruolie
114.24
+2.6%
Top-40
63,027
+0.9%
Alle aandele
69,696
+0.7%
Hulpbronne 10
72,798
+1.3%
Industriële 25
77,796
+0.9%
Finansiële 15
15,898
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n liefde volle metgesel
Ek is n liefde volle mens. Betroubaar Loop nie rond nie en soek net ware liefde Ek is ook n nederige mens
Ek kan braaibroodjies maak. En ek is n one liner sorry 😁
Ek Hou van die buite lewe, natuur en aksie. Love visvang en doen genoeg oefenig om pizza te eet. Love rooiwyn. Hou van grappe maak maar het ook n ernstige kant. Hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot