Só het dr. Pieter Vervoort, uitvoerende hoof van die nasionale dieregesondheidsforum, op die 90ste jaarlikse kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging in Port Elizabeth gewaarsku.
Hy het gesê siektes by skape word versprei deur siek of draerdiere, deur die weerstandigheid van patogene te verhoog, die onbeheerde vervoer van diere, of wanneer geen dieregesondheidsertifikate of bewyse van siektes van die plaas waar die diere vandaan kom, beskikbaar is nie.
Voorts kan diere van een stoetplaas na 50 ander plase versprei word, “of diere van 50 plase wat saam op ’n veiling is, kan siektes versprei na 500 ander plase.”