AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Dís hoekom ’n hoër rooivleisheffing nodig is

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
’n Gesonde rooivleisbedryf wat onbeperk sy produk kan uitvoer, met gevolglik beter produsentepryse, was ’n besprekingspunt vir die toekoms op die afgelope Aldam-Veeskool.

Om dit egter reg te kry, is finansiering en samewerking tussen die private sektor en die regering uiters belangrik.

Mnr. James Faber, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het gesê die enkele grootste bedreiging vir die plaaslike rooivleisbedryf is die kwessie van Suid-Afrika se dieregesondheidstatus. Meer finansiering is egter nodig om dit reg te ruk. “Die RPO, Nerpo, die voerkraalvereniging en die abattoirvereniging het die buro vir voedsel-en-landboubeleid (BFAP) aangestel om sleutelpunte te identifiseer en aanbevelings te maak vir ’n groter rooivleisbedryfstrategie.

“Saam met die bestaande punte, wat onder meer bedryfsamewerking en produkontwikkeling insluit, is drie nuwe punte geïdentifiseer. Dié drie, biosekerheid, naspeurbaarheid en handel, het ten doel om markte vir die plaaslike rooivleisbedryf te open met die kapasiteit daarvoor wat binne die heffing ontwikkel sal word.”

Die huidige heffingstydperk eindig op 4 November 2022, waarna die nuwe heffing in werking sal tree. Faber het gesê indien produsente nie in hul bedryf belê nie, kan daar in die toekoms nie ’n mark vir rooivleis wees nie. “Produsente kry sowat R7 000 tot R8 000 vir ’n speenkalf, maar is teësinnig om R70 of R80 in die hele waardeketting te belê om volhoubaarheid vir die bedryf te verseker. Onthou, ons wil nie net vir vandag produseer nie, maar vir die toekoms,” het Faber tydens ’n paneelbespreking gesê.

Verantwoordelikheid

Mnr. Dewald Olivier, hoofbestuurder van die voerkraalvereniging, het op sy beurt gevra wie se verantwoordelikheid die land se kuddegesondheid is. “Indien dit die regering se verantwoordelikheid is, moet hy die inkomste daarvan kry. Indien dit egter ons verantwoordelikheid is, is dit tot die hele bedryf se voordeel. Ons is die rooivleisbedryf en ons moet die rigting aandui waarin ons die bedryf wil neem. Die bedryf sal na sy produk moet kyk en beplan hoe om dit aan die wêreld te bemark. Uiteindelik is dit die bedryf se verantwoordelikheid,” het Olivier gesê.

Mnr. Gerhard van der Burgh, programkoördineerder van datawetenskap en stelselintegrering by BFAP, het gesê indien die rooivleisbedryf behoorlik gefinansier word en die nodige strukture ingestel word om dieregesondheid en naspeurbaarheid aan te pak, kan die volle uitvoerpotensiaal van 20% van plaaslike produksieuitvoer bereik word. “Dit kan uiteindelik ’n bykomende R8,3 miljard jaarliks oor die waardeketting verdien, met ’n geskatte styging van tot R15/kg per A2/A3-karkas. Indien dit egter nie gebeur nie en die bedryf nog uitvoerbestemmings weens dieregesondheidskwessies verloor, kan daar ’n afname van tot R4 000 per A2-karkas wees indien die surplusproduksie nie uitgevoer word nie.”

Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Namibiese vleisraad, het gesê produsente dra 60% tot 80% van dié land se rooivleisheffing by. “Produsente betaal sowat N$76/dier in vergelyking met produsentepryse van R8 000 tot R9 000 per speenkalf, en R12 000 tot R14 000 per slag-os. Hierdie heffing is ’n klein bedrag om te verseker dat die stelsel markte reg oor die wêreld vir Namibiese rooivleis open,” het hy gesê. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is te kort om kak wyn te drink😃
Ek probeer altyd positief te bly oor wat ook al aangaan in my lewe. Ek sal myself beskryf as n "fun loving happy go lucky" poepal. Ek weet hoe om die lewe te geniet...
Bedazzled
Ek is uniek, omgee mens, waardighede baie belangrik. Ek kan laf wees maar ook ernstig, tyd en plek vir alles. Ek het n sterk persoonlikheid, en glo daarbuite is iemand net vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot