In enige teelprogram behoort die verhoging van produksiedoeltreffendheid en inkomste die teeldoelwit te wees. Seleksie vir sekere eienskappe kan produksie verhoog, maar nie noodwendig die produktiwiteit of doeltreffendheid van produksie nie.
Dit is ook belangrik om die verskil tussen teeldoelwitte en seleksiekriteria te verstaan. As die teeldoelwit byvoorbeeld karkasgehalte is, sal die seleksiekriteria oogspier-oppervlakte, rugvetdikte en marmering wees.
In ’n vorige rubriek is gekyk na koeidoeltreffendheid (“Verbeter produksie en verlaag só koolstofspoor”, LBW, 28 Januarie 2021). In hierdie artikel val die kollig op naspeense doeltreffendheid as teeldoelwit.