AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,2
-0,80
CORN
22 Mrt
-
4590
25,00
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9400
-355,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3886,6
-63,40
YMAZ
22 Mrt
-
4100
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Druk op sukkelende verbruikers gesien in wolpryse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Sukkelende verbruikers in wolverbruikende lande lei daartoe dat Suid-Afrikaanse wolpryse steeds onder druk bly, met China wat tans sy aankope beperk.

Luidens die jongste Cape Wools-verslag het die nie-RWS-aanwyser met 1,1% toegeneem tot R159,48/kg, terwyl die RWS-aanwyser met 1,4% gedaal het tot R164,49/kg op die 12de veiling van die huidige seisoen.

Luidens die verslag het die meerderheid van die aanbod bestaan uit goeie lengte wol, met 44,5% van die Merino-aanbod wat volhoubaar geproduseer is. Die mark het egter steeds goed vertoon, met die rand wat sedert die vorige veiling met 3,1% teenoor die Amerikaanse dollar verstewig het. Die Australiese dollar het self teen die Amerikaanse dollar verstewig, en al het die Australiese mark effens teruggesak met 0,7%, het die mark in Amerikaanse dollarwaarde verbeter.

Volgens mnr. Isak Staats, hoofbestuurder van wol en sybokhaar by BKB, kry die wolbedryf swaar aangesien China nie met sy normale oorgawe koop nie. Die land koop nagenoeg 75% van die wêreld se wol vir verwerking, met nagenoeg 80% van die verwerkte wol wat na eindverbruikers in sy plaaslike mark gaan.

“China se inperkings hou net aan en aan. Die verbruikersmark is dus kwaai onder druk. Die ouens wat normaalweg bereid was om premies te betaal vir duurder klere is net nie daar nie.”

Hy sê daar is steeds ’n premie vir RWS-wol, wat onder omstandighede goed is, en dit beteken daar is steeds lewe.

Ander wolgebruikende lande soos Europa en Amerika gaan gebuk onder skerp hoër inflasiekoerse weens hoë energiekoste en stimuluspakkette ná die covid-19-pandemie.

Rentekoerse in veral Europa is steeds besig om te styg, met gebruikers wat die verhoogde rentekoerse met hul spaargeld finansier.

Bedryf siklies van aard

Staats herinner boere egter daaraan dat die wolbedryf siklies van aard is.

“Buiten al die eenmalige gebeurtenisse wat nou plaasvind, is ons tans aan die onderkant van ’n siklus. Hy sal weer opgaan.”

Die agterstand met die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol is uitgewis nadat Suid-Afrika bykans vyf maande lank nie wol na China kon uitvoer nie. China het begin April ’n verbod op die uitvoer van produkte van diere met gesplete hoewe van Suid-Afrika na China ingestel.

“Ons is ongelukkig twee veilings agter. Die veilings sal eers in die nuwe jaar ingehaal word. Waar ons normaalweg ons 16de veiling einde November sou aanbied, sal ons nou net by die 14de veiling uitkom.

“Die logistieke agterstand is uitgewis, nou moet ons net die aanbiedingagterstand uitwis.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.97
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
975.53
+0.3%
Palladium
1,390.90
-1.1%
Goud
1,944.85
+0.2%
Silwer
22.46
+0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,395
+0.9%
Alle aandele
74,846
+0.8%
Hulpbronne 10
65,117
-0.8%
Industriële 25
101,193
+1.4%
Finansiële 15
15,298
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot