AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3800,8
20,80
SOYA
07 Des
-
7520
-19,00
SUNS
07 Des
-
10819,8
87,80
WEAT
07 Des
-
6190
-30,00
WMAZ
07 Des
-
3505
13,00
YMAZ
07 Des
-
3770
15,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Dubbele terugslag tref rooivleisbedryf

akkreditasie
Foto: Marleen Smith
Foto: Marleen Smith
’n Terugslag in Suid-Afrika se proses om status as vry van bek-en-klouseer verklaar te word en ’n onverwagse, eensydige besluit deur Botswana om potensieel tot 330 000 lewende beeste na Suid-Afrika uit te voer, kan vooruitsigte vir die plaaslike rooivleisbedryf temper.

Botswana se wetgewing het tot dusver die uitvoer van lewende beeste vir slag verbied, maar dit het op 13 September bekend geword dat dié land se regering besluit het dat tot 30% van die totale kudde uitgevoer mag word om boere in die droogte te ondersteun.

Daar is gerugte dat dié stap spruit uit geldelike probleme by Botswana se vleiskommissie (BMC), wat plaaslike slaggeriewe en uitvoer daar hanteer.

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), beraam die beeskudde in Botswana se gebied wat vry is van bek-en-klouseer op 1,1 miljoen beeste. Dit beteken ’n potensiële 330 000 beeste vir uitvoer. Die RPO meen die eensydige aankondiging sal verdere finansiële druk plaas op Suid-Afrika se kommersiële en opkomende beesboere. Botswana wil ook meer opgebergde vleis na Suid-Afrika uitvoer, wat beesvleis- en speenkalfpryse verder onder druk plaas. 

Eensydig

Schutte en mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, is albei teleurgesteld oor Botswana se aankondiging. Volgens hulle is die RPO nie vooraf in die besluit geken nie en die breër implikasies is nie in ag geneem nie. “Dit wat Botswana gedoen het, is wettig, maar ‘n mens sou verwag dat buurlande se bedryfsorganisasies mekaar in sulke besluite sal ken,” sê Schutte.

Mnr. Nick Serfontein, stigter van die Sernick-groep, raam egter dat die potensiaal vir beeste uit Botswana slegs op sowat 100 000 staan, waarvan alles B- en C-graad is.

“Dit is 3% van Suid-Afrika se jaarlikse slagtings. Dit mag ’n baie klein invloed hê op die prys van C-graad oor ’n kort tydperk, maar dit behoort geen invloed te hê op speenkalwers se pryse nie. Ek voorsien nie enige noemenswaardige bedreiging nie.” 

Bek-en-klouseer

Mnr. Johan Steyn, voorsitter van die TLU SA in die Oos-Kaap, sê in ’n verklaring hy het inligting ontvang dat die direktoraat dieregesondheid vroeër vandeesmaand veronderstel was om ’n voorlegging aan die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (OIE) te doen wat verband hou met die herinstelling van die land se bek-en-klouseervrye status.

“Op die eerste voorlegging (vroeër vanjaar) wou Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut (OVI) nie die serologiese resultate vrystel nie omdat die departement die OVI geld skuld. Met die tweede voorlegging wat (vandeesmaand) moes plaasvind, kon Onderstepoort nie ontledings doen nie omdat daar geen monsters geneem is nie. Tegnici van Limpopo het geweier om monsters by beeste te neem omdat hulle nie oortyd daarvoor betaal word nie.

“Dit is verregaande en onaanvaarbaar dat die voortbestaan van die grootste sektor in die landbou, naamlik die veebedryf, deur ’n wanfunksionele regering en sy onbekwame amptenare bedreig word,” sê hy.

Die tegniese komitee van die OIE wat die aansoek om bek-en-klouseervrye status moet oorweeg, vergader nou eers weer in 2020.

Samewerking

Schutte sê die RPO se siening is dat die bedryf toenemend voorsiening sal moet maak om in die vereistes te help voorsien, want die staat gaan dit nie regkry nie.

“Ons sal nouer met die staat moet saamwerk om die nodige vermoë te help skep om probleme op te los. Die rooivleisbedryfsforum is besig om ’n omvattende dokument vir die minister saam te stel oor die departement se verantwoordelikhede in hierdie verband en die impak van die bek-en-klouseer-situasie op die ekonomie. Ons het ’n dringende versoek gerig om as ’n bedryf daaroor met haar te praat.”

Dr. Pieter Vervoort, hoof van die nasionale dieregesondheidsforum (NAHF), sê dit is goedkoop politiek om die regering te kasty sonder om oplossings aan te bied.

“Dit is waar, die regering moet aangespreek word en sy bydrae moet ook vereis word, maar terselfdertyd sal die kommersiële landbou ook met oplossings vorendag moet kom. Ons moet finansiële ondersteuning hê, die nodige mense moet verskaf word, sowel as die infrastruktuur om hierdie kwessies op te los, maar dan is noue samewerking tussen die private sektor en die regering noodsaaklik.”

Probleme bekend

Vervoort sê die hele bedryf weet reeds van die kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar, onder meer te min geld op provinsiale vlak, gesagskwessies tussen die nasionale en provinsiale departemente en ’n onbereidwilligheid om saam te werk.

“Dit is egter kwessies wat ons nie moet uitbuit nie, maar iets wat ons moet help regstel.”

Hy waarsku dat indien die georganiseerde landbou nie saamstaan om probleme op ’n wesenlike manier op te los nie, gaan daar geen vooruitgang vir die plaaslike veebedryf wees nie.

Die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming het nie teen druktyd reageer op versoeke om kommentaar nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.94
-0.1%
Rand - Pond
21.12
+0.1%
Rand - Euro
17.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,783.22
+0.3%
Silwer
22.45
+0.3%
Palladium
1,867.00
+0.7%
Platinum
957.00
+1.6%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,764
+1.8%
Alle aandele
72,196
+1.7%
Hulpbronne 10
68,996
+2.3%
Industriële 25
95,385
+2.1%
Finansiële 15
14,020
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gaan elke dag voluit. More is nie vir ons verseker nie
Is buite mens. Hou van visvang kamp en sport. Is n mense mens. Plat op die aarde en so so lief vir kinders
Hoekom dan nou nie
Hou van om die vuur sit met vriende Visvang en soms in die bed le en movies kyk as die weer reg is. lewe is te kort vir drama ,😁
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot